Foto’s: Triumph is terug met mening

Die Triumph Tiger (Foto: Triumph)

Noudat Triumph nuwe verspreiders in Suid Afrika bekend gestel het, was die nuutgevormde Triumph-span die laaste paar weke druk besig met papierwerk. Tussen homologasie en handelaarooreenkomste, moes hulle nog die onderdele en dienskontrakte ook afhandel. Ná dit alles afgehandel was, kon ons naby Hartbeespoortdam ontspan saam met ons gasheer, Bruce Allen, die nuwe uitvoerende hoof van Triumph SA.  Hy het ook ’n stuk of 20 motorfietse saamgebring sodat ons darem die produkte kon toetsbestuur en nie net na ’n aanbieding sit en kyk nie.

Allen het ons vertel van die nuwe rigting wat Triumph wêreldwyd inslaan. Plaaslik gaan daar nou ’n paar Triumph World Black-fasiliteite gebou word wat aan Triumph se globale standaarde sal voldoen. Dit sal ’n leefstylwinkel wees wat vir kopers ’n eenstop-koopervaring  sal wees. Die eerste een word in Augustus in Woodmead, Johannesburg gebou. Kaapstad is in 2019 aan die beurt en Pretoria in 2020. Triumph werk tans uit ’n tydelike perseel en verkope het reeds op 16 Junie begin.  Allen het ook onderneem om een van elke model beskikbaar te hê vir ’n toetsrit. Dit is ’n groot onderneming, maar Allen wil nie potensiële kopers wegwys omdat die model waarin hulle belangstel nie beskikbaar is nie.

Die Triumph Street Triple RS (Foto: Triumph)

Ná die aanbieding is ons opgedeel in drie groepe. Daar was groepe vir avontuurfietse, klassieke fietse en padfietse.

Die avontuurgroep het die nuwe Tiger 800 en Tiger 1200 ingesluit. Met sy volkleur vloeikristaleenheid en honderde verbeteringe is die nuwe 1200 Tiger nou ligter en beter as sy voorganger. Die nuwe 800 voel ook sommer ligter en hierdie fietse behoort goed aanklank te vind in die avontuur behepte Suid-Afrika.

Die klassieke groepie het uit die uitgebreide Bonneville-reeks bestaan. Die Bobber is laasjaar hier in Suid Afrika bekend gestel, maar almal wat ingevoer was het reeds eienaars gehad. Op hierdie bekendstelling was daar sommer twee om te ry. Die standaard Bobber en die Bobber Black. Laasgenoemde het ’n dikker voorband en dubbele skywe voor.  ’n Splinternuwe Speedmaster was ook in die groepie en die hele Bonneville-reeks het maar net eenmaal ’n charisma wat jy nie in byvoeglike naamwoorde kan uitdruk nie.

Die Triumph Bonneville Speedmaster (Foto: Triumph)

In die padfietsgroep was daar twee fietse wat oorsee bekend gestel is, maar nooit hier aangeland het nie: die Street Triple en Speed Triple. Met sy Arrow-uitlaatpype en harde vering is die Speed Triple seker die sportiefste Triumph wat ek al ooit gery het. Die kleiner Street Triple was net soveel pret.

Bestaande Triumph-eienaars kan nou rustig slaap. Triumph is terug en hulle verhouding met die Fury Motor Group beteken dat hulle hier is om te bly.  Met 17 modelle om van te kies, gaan ek moeilik kies waar om te begin toets. En om te kies wat om te koop, gaan seker nog moeiliker wees.

Vir meer inligting, klik hier.

Modelle en voorgestelde pryse:

Avontuur
Tiger 800 XCxR 181 000
Tiger 800 XCaR 199 000
Tiger 1200 XCxR 219 000
Tiger 1200 XCaR 248 000
Tiger SportR 164 000
Klassiek
Street TwinR 131 000
Bonneville T100R 141 000
Bonneville T100 BlackR 141 000
Bonneville T120R 157 000
Bonneville T120 BlackR 157 000
Bonneville BobberR 166 000
Bonneville Bobber BlackR 175 500
Bonneville SpeedmasterR 175 500
Street ScramblerR 153 000
Thruxton 1200 RR 183 000
Pad
Street Triple RSR 152 000
Speed Triple RSR 210 000

Die Triumph Tiger (Foto: Triumph)

Die Triumph Tiger (Foto: Triumph)

Die Triumph Tiger (Foto: Triumph)

Die Triumph Bobber Black (Foto: Triumph)

Die Triumph Speed Triple (Foto: Brian Cheyne)

Die Triumph Bobber Black (Foto: Brian Cheyne)

Triumph se Tigers (Foto: Brian Cheyne)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Brian Cheyne ·

Willem, die Daytona is nie meer in produksie nie. Die naaste wat jy nou gaan kry is die Street Triple 765. Triumph is egter van 2019 af die amptelike verskaffers van Moto2 enjins, so kom ons hoop hulle maak in 2020 ‘n nuwe Daytona.

Hardus ·

Naas BMW en KTM, is Triumph my 3de keuse vir ‘n avontuurfiets. Met KTM se k…..uhm…slegte diens, mag Triumph dalk my 2de keuse wees.

Brian Cheyne ·

Hardus, ek hoor kort-kort mense wat kla oor KTM se diens, maar ek sukkel om te bepaal wat presies die probleem is. Vertel vir my wat jou ervaring is, dat ek dit onder die aandag van die manne by KTM kan bring. Is dit ‘n handelaar ding, of ‘n KTM ding?

Hardus ·

Brian, wat is jou epos adres by MM, dan gee ek vir jou meer besonderhede ivm KTM se diens.

anton ·

Ja ek moet se dat naas BMW ek verseker die Triumph, veral die Tiger reeks sal kies.
Hou nogal ook van hulle 3 silinder masjien. As ek nou geld se baas was sou ek beslis ook n 1200 Tiger in my motorhuis parkeer het.
KTM is nie Slegte fietse nie maar naverkoop diens is blykbaar volgens baie eienaars nie goed nie. Weet bv. van n persoon wat 3 maande gewag het vir ”Crash bars” en toe maar opgegee het en sy geld terug gevra het.
Moet se, BMW se diens is loshande voor en tops. Al gaan staan jy by ”Put sonder water”(nie dat hulle eintelik breek nie) is hulle net n foon oproep ver. :-)

Gys ·

Anton, streng gesproke is dit Puts-onderwater, nie Put-sonderwater nie. :) :)
Koppeltekens slegs ter verduideliking bygevoeg.

Hardus ·

Brian, ek kry die idee KTM handelaars is meer onafhanklik as BMW Motorrad handelaars. Wat n slegte ding is, want dit lyk asof elke KTM handelaar dinge op sy eie manier doen. Dit lyk ook asof die KTM “dealer principals” dink net omdat hy op n stadium n goeie “biker” was, gaan hy nou outomaties n sukses van n “bike shop” maak. Wat natuurlik nie noodwendig die geval is nie. By BMW kry alle personeel dieselfde tipe opleiding, hetsy of die persoon motors of motorfietse verkoop. En omdat die BMW motoreienaars (waarskynlik Mercedes en Audi ook) propvol nonsens is en op goeie diens aandring, baat die motorfiets eienaars outomaties by dieselfde gehalte diens. Maar by KTM kry ek die idee een “biker” gee poefter diens aan ander “bikers”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.