[Foto’s] Veiligste motor ooit?

Tesla Model S-ongeluk in Duitsland Foto: Sabine Hermsdorf

Tesla Model S-ongeluk in Duitsland Foto: Sabine Hermsdorf

Vyf tieners het ʼn ongeluk in Duitsland oorleef nadat die 18-jarige bestuurder teen ʼn hoë spoed beheer verloor het oor die motor en dit in ʼn veld gerol het.

Volgens die Duitse koerant, Merkur, het die 18-jarige en vier van haar vriende ʼn pretrit in haar pa se Tesla Model S onderneem toe sy beheer oor die elektriese motor verloor het.

Drie van die passasiers het beserings opgedoen en is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem, maar hulle beserings was nie kritiek nie – ʼn getuienis van die motor se veiligheid.

Tesla se Model S (en Model X) het nie ʼn groot enjin voor in die motor om tydens ʼn ongeluk die passasierskajuit binne te dring nie. Die voor- en agterkant kan dus doeltreffend die impak van die botsing verplaas.

Alhoewel die Model S in hierdie ongeluk baie skade opgedoen het, het mens nie ʼn groot verbeelding nodig om te besef dat die tieners waarskynlik noodlottige beserings sou opgedoen het met ʼn motor waar die enjin voor die kajuit geleë is nie. Volgens kommentaar op electrek.co blyk dit dat ʼn noodlottige ongeluk met ʼn Tesla slegs moontlik is wanneer jy teen ʼn hoë spoed van ʼn krans afry.

Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk is die uitvoerende hoof van Tesla.

Lees meer: Interesting Engineering, Techtimes.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ekwilibrium ·

As dit ‘n Boerseun was, dink hoe hard sy pa hom met die sambok sou bydam…

Tiger ·

Dis duidelik sy’t die draai te vinnig gevat maar die los grond in die land het die skade aan die voertuig beslis beperk.

Xa ·

Ja, as daar bome of ander karre was was die uitkoms dalk heeltemal anders. Maar ek is baie beindruk met die kar se veiligheid, vordering met elektriese karre in die algemeen, en daar die kar so n snelheid kan bereik op elektrisiteit.

Gerhardt ·

Goeie punt. Altyd vir my vreemd om te dink : “Geluk by die ongeluk”.

Gerhardt ·

Nee rerig….het Maroela niks beter nuus om te publiseer nie. Daar is seker nie eers 2 Tesla motors in SA nie. Ons omstandighede en ongelukke is by verre erger as enige ander land in die wêreld. Lewer dan eerder verslag oor Elon Musk se prestasies.

Hendrik ·

Gerhardt volgens wat ek gehoor het kom die Tesla 2017 na S.A. Ek hoop so in elke geval. Dit sal sowat R530 000 kos wat natuurlik baie duur is. In Amerika kos dit $35 000. Die mens staan glo tou. Dink net … dat jy hoef nie te stop by die Vulstasie vir brandstof nie en ook nie brandstofheffing te betaal nie.

Johann Marx ·

Hendrik, Eksdom kan nie eers genoeg elektrisiteit opwek vir huishouding en industriëe nie, kan jy dink hoe dit sou lyk as hier 1,2 miljoen Teslas rond gery het? En dink jy as die regering agterkom jy herlaai jou kar in plaas van brandstof ingooi daar gaan nie ‘n “elektrisiteits-heffing” wees nie? Komaan, Hendrik….dink ‘n bietjie…

Sharon ·

Sho Gerhardt, wees bietjie positief! Wil mens altyd slegte nuus lees? Hierdie is briljante tegnologie. Stem saam Hendrik, kan nie wag dat dit SA toe moet kom nie!!

Chris H ·

Die kar het beslis nie gerol nie. Daar is nie eers n krappie op die dak nie.
Kan sien die kar het iets van voor getref in die rondte gedraai en toe het die agterkant ook kontak gemaak en die kar het toe in grond beland. Ek dink hul maak n groter issue van dit vir puplisiteit vir Tesla

Liefie ·

Die berig is sinneloos! Geen kar is veilig nie, die tieners was net verduiwels gelukkig.

n Volgende ongeluk met presies dieselfde kar kan heeltemal anders uit draai. Daardie tiener se gatvelle behoort afgetrek te word en sy behoort eers n lisensie op 40 te kry!

Jan maak n Plan ·

Gee so n kar vir party van ons taxi drywers – hulle sal jou wys of die kar veilig is of nie.

Pendoring ·

Ek wil graag glo hulle het dieselfde moeite ingesit om sy batterypak te beskerm. Niemand sal wil naby wees as ‘n stuk staal daardie battery deurboor nie. ±7000 Li-ion selle gaan vir ‘n aardige brand sorg.

Paul ·

Die onderstel van die Tesla-motors word deur Hulamin vervaardig daar in KwaZulu-Natal naby Pietermaritzburg. Die batterye word binne-in die onderstel gestoor en die onderstel is juis so ontwerp om skade aan die batterye te verhoed. Dit is ook so ontwerp dat indien een van die selle vlamvat, dit lank neem vir die brand om te versprei na die ander selle – wat vir mense meer tyd gee om die motor te verlaat in so ‘n geval.

Die litiumbatterye is vlambaar, ja, maar het jy vergeet dat petrol ook vlambaar is?

John ·

Met genade van Bo oorleef, maar nou wil die vervaardigers die ongeluk as advertensie gebruik om meer te verkoop. En ‘n klomp mense sal daarvoor val.

Theresa B ·

Ai, die kinders wat dink hulle is groot en ervare met alles as die klok 18 slaan…………..

Tiger ·

Paul,baie interessante inligting wat jy hier kom deel het!Dankie!Die motors word DEEGLIK getoets lank voordat produksie begin word om te verseker dat hulle veilig is anders gaan die vervaardiger ‘n hoop hofgedinge teen hom kry!
Die Honda Clarity FCX motor wat waterstof gas gebruik om elektrisiteit op te wek vir sy elektriese motors is ook ‘n goeie opsie.Hy word reeds in Kalifornie in Noord Amerika bemark.Geen lang herlaai tye (EN volhoubare kragnetwerk – nie soos eskom nie!)is nodig om ‘n battery pak te herlaai nie want hy het nie een nie-slegs ‘n klein battery vir nood onder sy agter sitplek in die vloerpan.Die’ motor loop op waterstof.Hy neem 5 minute om die waterstof tenk te hervul by ‘n vulstasie wat daarvoor ingerig is.Sy waterstofstenk is tussen die agterwiele gemonteer vir veiligheid .Dis ‘n pragtige “volhuis” voertuig en hy is heelwat goedkoper as die Tesla.Persoonlik verkies ek die Honda maar of hy ooit na SA toe sal kom weet ek nie.

Paul ·

Plesier, Tiger.

Net ‘n regstelling in jou kommentaar oor die Honda FCX Clarity. Die motor is nooit verkoop nie – mens kon dit slegs huur teen ongeveer $600 per maand. Minder as 50 van hulle is ooit in die VSA verhuur en net so 20 elders in die wêreld. Dit was eintlik maar net ‘n tegnologie-demonstreervoertuig.

‘n Volgende model sal moontlik in 2016 vrygestel word.

Theuns ·

Ek het n vriend in metro polisie en hy sê altyd jou tyd is jou tyd maak nie saam of die voertuig super veilig is of nie.Hy al op ongelukke gekom waar mense oorlede is in veilige voertuig en waar mense lewend is in ongelukke waar voertuig geen veilige toerusting het.n Persoon wat met n Volvo n paal tref teen 80km n uur is oorlede en n persoon wat met n Uno teen 140 n stilstaande trok van after getref het wat lewend uitklim met n skraapmerk op sy arm en gesig is maar net een voorbeeld.So ek glo ook jou tyd is jou tyd al is die voertuig hoe veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.