[Foto’s] Volkswagen se ‘Citi’-legende leef voort

Die nuwe Citi Vivo (Foto: Volkswagen)

Die nuwe Citi Vivo (Foto: Volkswagen)

Indien jy voor 1985 gebore is sal jy heel waarskynlik die geel, rooi en blou Golfies onthou. Ek was ʼn jong tjokkertjie – en daar was beslis ʼn rooi een en ʼn blou een waarvan ek kan onthou.

Volkswagen is legendaries as dit kom by beperkte uitgawes van hul voertuie, en Suid-Afrikaners is gek daaroor. Produksie van die oorspronklike Citi Golf is ná 25 jaar in 2009 gestaak. Ongeveer 377 000 van dié modelle is in die tyd vervaardig en verkoop.

Volkswagen het dit onlangs goedgedink om ʼn beperkte uitgawe van 2 000 eenhede van die Polo Vivo te maak. Die Polo Vivo is trots Suid-Afrikaans en 70% van sy onderdele word plaaslik vervaardig. Die Citi Vivo is geskoei op die 1.4i Conceptline met ʼn 55kW-enjin. Die motor kry ook 15 duim wit sierwiele, kantspieëls en deurhandvatsels en Citi-plakkers, nes die oorspronklike Citi Golf.

Opsionele bykomstighede vir die Citi Vivo is spoedbeheer, ʼn alarmstelsel, voorste elektriese ruite en misligte.

Die Citi Vivo is nou beskikbaar teen R177 300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Paul ·

So mens betaal R5000 meer vir ‘n paar strepe en wit wiele?

Nou maar goed dan. Daar is seker mense wat daarvan hou om geld te mors.

Vincent ·

R177 300 en dan is elektriese vensters nog opsioneel net vir voor!? Moenie jou geld mors op ‘n VW Polo wat hom verbeel hy’s ‘n Citi Golf. Dan boonop ‘n karrige 1.4 L enjin met slegs 55KW. Nee wat dit gebeur net in derde wereldse lande waar die lewe daagliks duurder raak en ongelukkig is SA ene.

Piet Pompies ·

Ons het ‘n rooi CiTi Vivo by ‘n VW handelaar gesien, die helder kleur val lekker op die oog en skep ‘n toonbeeld van vrolikheid.
As mens kyk na die verkoop syfers van die Vivo gaan die model sy bydrae lewer, beslis ‘n voertuig vir die person wat jonk van gees is.

Jd ·

Mal daaroor my eerste kar was die rooi en wit Citi Golf. Het hom in 1991 gekoop ek dink vir R28000. Selfs die instrument paneel en stuurwiel is geskoei op die oorspronklikke

Paul ·

Nee dit is nie. Let op, daar is foto’s van beide die CitiGolf en die Polo gelaai. Die binneruimfoto is van die oorspronklike.

Jy betaal R5000 vir wit wiele en ‘n paar strepe. Dis al.

Paul ·

Hoe is dit “vars en oorspronklik” as dit direk gebaseer is op ‘n ou kar?

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of Paul iets teen die POLO het want hy bly sy eie kommentaar herhaal…
Die Polo Vivo reeks is tans die beste verkoper passasiervoertuig in Suid Afrika en daar is ‘n rede daarvoor.

Paul ·

Daar is ongetwyfeld ‘n rede daarvoor.

VW het handelaars in byna elke dorp – net Toyota en tot ‘n kleiner mate Ford wat enigsins naby aan dieselfde handelaarsnetwerk het.

Die Polo Vivo is relatief gesproke goedkoop, en onderdele is spotgoedkoop. Dis ook nie ‘n sleg kar nie, hoewel dit omtrent so opwindend soos ‘n wasmasjien is. Meeste mense wil nie ‘n kar hê wat opwindend is nie.

Moeilikheid is wel – dis gebaseer op ‘n platvorm wat dateer uit 1999. Dis ‘n onderstel wat al byna 20 jaar oud is, maar mens betaal vandag se pryse daarvoor…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.