Geen planne om Tesla se selfbestuur af te skakel nie

Elon Musk by die Tesla Model S in Fremont op 1 Oktober 2011

Elon Musk by die Tesla Model S in Fremont op 1 Oktober 2011

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla Motors, het nog geen planne om die selfbestuurfunksie af te skakel ná ʼn noodlottige ongeluk met een van dié motors nie.

Die Wall Street Journal het Dinsdag berig die maatskappy beplan om ʼn verduideliking uiteen te sit om klante op te lei oor hoe die funksie werk.

“Baie mense verstaan nie wat dit is en hoe mens dit aanskakel nie,” het die Suid-Afrikaans gebore Musk in ʼn onderhoud met die koerant gesê.

Die maatskappy het onder skoot gekom toe ʼn eienaar, wat sy Tesla Model S-motor in selfbestuurmode gebruik het, op 7 Mei dood is toe die motor ʼn ongeluk gemaak het.

Die Amerikaanse hoofwegverkeersveiligheidsowerheid het ʼn brief aan die maatskappy gestuur en geëis dat alle ontwerpveranderinge en opdaterings van die selfbestuurfunksie aangestuur moet word voor dit verlede jaar in werking getree het.

Tesla was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Lees meer: Wall Street Journal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trots ·

Trots op hierdie suid afrikaner! Moet nie afgeskrik wees nie, mens bestuurde voertuie maak baaaaaaie ongelukke, elke dag, oral. Automatiese bestuur is die toekoms en alklaar baie beter as die mamparras met wie ons paaie moet deel.

Lance ·

Hy gaan dit nog regkry …kyk na hoe hard mies die ou n gloeilamp oor en oor toets ….dalk net in meer veiige atea doen asb dat daar nie lewensverlies is.

SkarrelKind ·

Luister, daar is baie goeie verduideliks op google vir “as ‘n boom voor ‘n kar inspring”. Verduideliks oor hoe dit presies werk. Gaan google dit. Dit is eintlik baie goed deurdag en ek hoop hy kry dit reg. Hy is ‘n fenominale man en ons tyd vêr vooruit.

hein ·

Dink net hoe gaan die selfbestuur funksie vir taxis ons verkeersvloei/veiligheid verbeter!

Julius ·

Hierdie ontwerp is baie gevaarlik en het reeds bewys dat daar meer ongelukke gaan plaasvind. Ons paaie is nie gebou vir selfbestuur nie en die dwase op ons paaie gaan nou die voertuig die skuld gee vir die ongeluk.

Andre ·

Inteendeel. ‘n Rekenaar hou die pad 360 grade 100% van die tyd dop. Dit lees nie teks boodskappenie, en verstel nie radiostasies nie.
Ek wonder waar jy jou statistiek kry?
Daar was nog net een fatale ongeluk,en in die spesifieke geval kon nie die rekenaar of die bestuurder die vragmotors sien nie. Sommige ongelukke kan net vermy word deur nie gebore te word nie!

Juan Olivier ·

Self bestuur is iets wat tale mense se lewens gaan vermak en veiliger maak. Ongelukkig sal daar altyd foute wees wanneer iets ontwikkel word maar dit sal nog reg kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.