Google Maps gaan SA motoriste spoedkameras wys

‘n Skermskoot van Google Maps

Google Maps se funksie wat motoriste waarsku oor spoedkameras gaan ook nou in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Dié funksie is eers net in ʼn paar lande bekendgestel terwyl Google dit getoets het, maar dit word nou in meer as 40 lande beskikbaar gestel, insluitend Suid-Afrika, berig EnGadget.

Die nuwe funksie sal motoriste wat Google Maps gebruik vir navigasie in staat stel om die spoedgrens op ʼn spesifieke pad te sien sowel as spoedkameras wat op hul reis voorkom.

Die nuwe funksie sal beskikbaar wees op die jongste Android- en iOS-weergawes van die app. Android-gebruikers sal ook in staat wees om mobiele en geïnstalleerde spoedkameras op die toepassing te rapporteer.

Die spoedgrens sal aan die onderkant van Google Maps verskyn terwyl spoedkameras met ikone op paaie aangedui sal word.

Die funksie is geïnspireer deur Waze, ʼn navigasie-app wat Google in 2013 bekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Andreas ·

Ek neem aan ons minister en verkeersdepartement is vies. Verbasend dat hulle nog nie ‘n vergadering aangevra het nie.

Francois Joubert ·

Dit is reeds in werking. My broer gister bevestig terwyl hy bestuur.

Isabella ·

Ek het dit ook heelweek al waargeneem. Myne is net aan om verkeer te monitor, so ek ry niee te vinnig nie…. 3km per uur

Hoe nou? ·

Moet spoedvrate gewaarsku word sodat hulle nie vasgetrap word nie?
Daar is lankal waarskuwingsborde waar kameras is en die GPS dui aan as mens daar oor die spoedgrens gaan.
Ons almal weet hoe vinnig of stadig mens moet ry. Gehoorsaam die reëls maar net.

Boet Fasie ·

Paar korrupte “spietkops” gaan die hel in wees, verlies aan inkomste langs die pad en minder KFC

Wielspore ·

Te danke aan tegnologie soos GPS safety (spoedkameras) en spoedbeheer (cruise control) het ons vir die afgelope 6 jaar nog geen spoedkaartjies gekry.

Fanie ·

Ek het nie daai tegnologie nie. Maar indien ek n kaartjie kry, betaal ek hom net nie.

Chris Ws ·

Google Maps behoort in die land verban te word.Hulle bevorder wetteloosheid.

Realis ·

Motors behoort in die land verbied te word. Hulle bevorder die moontlikheid vir kriminele om weg te kom. Terwyl ons besig is om goed te verban, verban waterstof-dihidroksied. Wetenskaplike navorsing het bewys dat elke krimineel ooit, elke dag daarvan gebruik het.

Maria Boshoff ·

Ons was dié week in die Kaap en is op die GPS gewaarsku oor n spoedkamera. Is n baie goeie ding.

Tiger ·

As mense gehelp word om die wet te oortree en u se dis ‘n baie goeie ding Maria Boshoff is ek uiters geskok.Wat het van selfrespek en wetsgehoorsaamheid geword?Die Bybel se tog mens moet jou land se wette gehoorsaam.
Dis geen wonder ons padsterfte syfer is die hoogste in die wereld nie.Mense wat redeneer soos u dra by daartoe.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Google dink hy weet alles…..hier in ons distrik ,drie groot dorpe by mekaar,word die grys kamera-kaste elke oggend agter n ander bos neergesit….vandag staan een op n draai…môre staan hy op die middelman langs n draad asblik…oormôre is hy net voor die sirkel….sommige kere staan daar een by die ander permanente kameras in die dubbelweg…..kom Google,hoe laat in die oggend update jy jou Google maps?….moenie kom kaf praat nie.
.
.

Neewat ·

Ag asseblief. Die mense gaan nog steeds soos padvarke ry. Die funksie gaan nie in my opinie enige veiligheid verbeter nie. Want Mnr en Mev belangrik, gaan nog steeds die spoed oortree met hulle dubbelkajuit bakkies en duur duitse sportmotors. Want moenie vergeet nie die gemors op die paaie is altyd die taxis se skuld, en nooit die snobs in die suburbs nie. Die blonde Mammas met hulle kroos in die kar, wat altyd voet in die hoek sit, en dan Mnr Buffel in sy bakkie, wat jou van die pad af probeer ry.

humor ·

Hierdie land is groot en wyd en afstande ver. Solank die spoedkamara nie registreer nie gaan ons laat wiel en as die waarskuwing daar is dan is ons skielik wetsgehoorsaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.