Google ondersoek ‘voetganger-gom’

Grafika uit Google se patent nr 9340178

Grafika uit Google se patent nr 9340178

Indien jy só ongelukkig is om deur een van Google se selfaangedrewe motors getref te word, wil die maatskappy hê jy moet aan die voorkant “vasplak”.

Volgens dié nuwe patent sal die lagie “ʼn baie plakkerige materiaal wees” wat op dieselfde manier sal werk soos vlieëplakpapier of dubbelkant-kleefband.

Die San Jose Mercury News berig die doel van die ontwerp is om te verhoed dat die persoon verdere beserings opdoen. Volgens die patent verseker die tegnologie, wat ook op gewone motors kan werk, dat die voetganger nie van die motor af bons nie.

Die plakkerigheid sal onder ʼn eierdopagtige lagie wees, sodat jou motor aan die einde van die dag nie met insekte bedek sal wees nie.

Rebecca Thompson, woordvoerder van die American Physical Society (APS), het aan Gizmodo gesê die idee klink of dit die moontlikheid het om beserings te voorkom. “Om een keer deur ʼn motor getref te word is meer verkieslik as om deur ʼn motor getref te word, dan die grond en moontlik ʼn tweede motor te tref,” het sy gesê.

ʼn Woordvoerder van Google wou egter nie bevestig of die maatskappy wel beplan om dié patent in te stel nie. “Die maatskappy het patente vir verskillende idees,” het sy gesê. “Sommige van die idees word werklike produkte en dienste, en ander nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is belaglik….om te keer dat die persoon nie verdere beserings opdoen, die kanse dat jy dadelik gaan vasplak is nie verseker.. as n voetganger gestamp of raak gery word is dit nie noodwendig dat hy/sy op so n manier op die bonnet sal beland nie? net n stelling..en almal word nie van agter af gestamp nie…hoop jul patente werk uit… maar dit maak nie vir my sin”’ probeer eerder iets anders… want hierdie patent kan dalk veroorsaak dat te veel voetgangers raak gery sal word….want dit moet uitgetoets word… Ha- ha

Paul ·

“Plakkerige” materiaal? Eerder maar net “taai”, of hoe?

M A ·

Hahaha!!! Teen die tyd wat n voetganger getref word, sal daar so baie goggas, sand, vere, papiere en grasse op geplak wees dat geen mens daar sal plak nie.

Lance ·

Ek dink dit kan die vel dalk afruk …of dalk die klere …dan staan jy dalk nog kaal langs die pad met n blou kol op jou boud hehe

Nefie ·

So as die kar jou net skrams tref dan sleep hy jou saam en jy beland onder die wiel, ens.
Sonder dit sou niks gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.