Grafieke: Voertuigverkope wys verbruikers bly onder druk

Argieffoto: Pixabay

Die volgende grafiek is ’n voorsmakie van Sakeliga-ETM se Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld wat hierdie week gepubliseer word.

Die grafiek beskou die volumes van passasiersvoertuigverkope. Verkoopsvolumes staan steeds naby aan ’n 10 jaar-laagtepunt en ’n dui op ’n langer 15 jaar-stagnasie in voertuigverkope.

Hierdie is ’n sterk aanduiding van die druk waaronder verbruikers verkeer ten opsigte van bekostigbaarheid terwyl banke versigtig bly om geld vir voertuie uit te leen.

Grafika: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris Ws ·

My 18 jaar oue Isuzu dubbel kajuit sal ek nog 18 jaar ry!Motor voertuig pryse is absoluut buitensporig hoog.Maar dis onse regering se skulld.Indien die regering die 45% belasting op nuwe voertuie sou skrap beteken dit dat ‘n nuwe voertuig se prys gaan daal met 45%.DIT is ‘n almintige klomp geld en sal nuwe voertuie weer bekostigbaar maak.Maar nou ja . . . . . moenie jou asem ophou nie!

Chris Ws ·

Maria so paar jaar gelede het ‘n Suid Afrikaner wat in Australie gaan werk en bly het ‘n Toyota Run X daar gekoop.Hy het gevind dat die kar word in Suid Afrika vervaardig,uitgevoer soontoe en daar teen minder as 50% van wat hy hier kos verkoop!Daar was ‘n berig in die Rapport daaroor gewees.By dit is Aussies se salarisse + – 3maal soveel soos vir dieselfde werkers pos hier so motors is vir hulle SPOT goedkoop.Maar als val op dowe ore.As ALMAL in die land kon saamstaan en net vir EEN spesifieke maand NIE ‘n nuwe voertuig gaan koop nie sal jy ‘n ding sien!Maar nou ja . . . . .

Victor ·

Op nuwe ge-importeerte karre is die belasting op 84% en dis die selvde op tweede handse karre wat importeer word is dit 84% , en dan is daar die 15% VAT en die CO2 belasting wat angesluit is.

Kosie Marais ·

Watter gedeelte van “VOERTUIE IS TE DUUR”, verstaan vervaardigers nie.

Stiks ·

Voertuie in SuidAfrika het net te duur geword in vergelyking met ander lande

koos ·

Nou die ander kant. Verkoopspersone maak te veel geld of wil nie werk nie.
Ek is in die mark vir ‘n nuwe kar en het spesifieke vereistes, maar niks buiten gewoon of onredelik nie. Ek was by sowat 10 handelaars al reeds, en net 4 het my net 1 keer terug gebel en dit was al, en dit is nou al 4 weke. So my geld moet seker maar veilig in my sak bly!

Tiger ·

Die uiteinde van die saak is hoe minder nuwe voertuie verkoop word hoe minder belasting geld maak die regering!En dis ‘n goeie ding al klaar!Die feit is nuwe voertuie in die land is ver oorprys.Geen wonder banke is bang om nuwe voertuig kopers te finansier nie.

PJN ·

My Isuzu dubbelkajuit 2.5 diesel hou al 14 jaar van nuut af. Kom ou “Hoogtevrees” jy kan nog 14 jaar gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.