Groter bonusse by Daimler ná rekordjaar

Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler AG langs 'n Mercedes E-klas by die aanvang van die maatskappy se jaarlikse vergadering in Stuttgart, Duitsland (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Michael Probst

Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler AG langs ‘n Mercedes E-klas by die aanvang van die maatskappy se jaarlikse vergadering in Stuttgart, Duitsland (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Michael Probst

Die Duitse motor- en vragmotorvervaardiger Daimler het rekordwins vir verlede jaar getoon weens verkope van sy luukse motors wat, ondanks ʼn sukkelende ekonomie, toegeneem het.

En dit beteken meer geld vir beleggers en werknemers.

Die maatskappy se dividend is tot €3.25 per aandeel verhoog.

Daimler sal ook sy winsdeel van €5 650 vir elk van die 125 000 werknemers in Duitsland uitbetaal. Die werknemers sal die bonus saam met hul April-salaris ontvang.

Werknemers het verlede jaar €4 350 ontvang.

Alhoewel Daimler ʼn goeie jaar beleef het, het die inkomste in die vierde kwartaal nie die analiste se beramings gehaal nie, en die maatskappy het ʼn konserwatiewe vooruitsig vir 2016 uitgereik, en gesê dat bedryfswins moontlik net ʼn “geringe styging” kan wys.

Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler AG langs 'n Mercedes E-klas by die aanvang van die maatskappy se jaarlikse vergadering in Stuttgart, Duitsland (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Michael Probst

Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler AG langs ‘n Mercedes E-klas by die aanvang van die maatskappy se jaarlikse vergadering in Stuttgart, Duitsland (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Michael Probst

Daimler AG-aandele het met 3.3% gedaal en het op €60-87 verhandel.

Die netto wins vir die jaar het met 23% tot €8,9 miljard gestyg, van €7,3 miljard in 2014, terwyl inkomste met 15% gestyg het tot €149,5 miljard. Verkope van die maatskappy se Mercedes-Benz luukse motors het met 16% gestyg. Vragmotors en busse het swakker gevaar en is deur swakker markte in Latyns-Amerika geraak.

“2015 was ʼn goeie jaar vir Daimler,” het Dieter Zetsche, uitvoerende hoof, gesê. “Ons weet al uit ondervinding: dis moeilik om tot bo te kom, maar dis selfs moeiliker om bo te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Hier is iemand ten minste besig om iets reg te doen. Ek hoop die resep spoel oor na Suid -Afrika. As ons maar net sulke ekonomiese groei kon nadoen!

Jan maak n Plan ·

Daimler SA het seker ook baie gehelp om so suksesvol te kan wees. Ek meen elke minister en sy personeel kry mos dan elke jaar ‘n nuwe een. Wys jou net wat kan ‘n firma doen sonder politieke inmenging ne.

Johann Marx ·

Jan maak ‘n Plan, ek ken hordes mense wat eenvoudig nie meer met MB Suid Afrika se hopelose swak vrot diens kon saamleef nie, en van handelsnaam verander het. As jy ‘n C200 ry, dan kry jy goeie diens, want die motorplan is by die prys ingesluit, en Mercedes Benz het nie meer motorwerktuigkundiges nie, hulle het net “New Part Fitters”…..Dit is soos ‘n worsmasjien. Kar in, filters, vonkproppe, olie en remskoene geruil…en daar gaat jy. Maar wee jou as jy byvoorbeeld ‘n E350 ry en ‘n “probleem” kry wat kundigheid verg…..dan wag jy tot ‘n jaar vir onderdele….terwyl jy met ‘n B200 moet rondkarring (teen E350 paaiemente) nadat hulle eers vir jou ‘n Golf aangebied het…en dan “verloor” hulle jou kar nadat jy ‘n oproep gekry het om hom te kom haal nadat hy “gediens” is. Ek lees hierdie artikel met verbasing….want as hulle op die SA mark-aandeel moes staatmaak vir “wins”, sou hulle lank gewag het.

Jaco ·

Johann dit gaan by alle vervaardigers die selfde. Mettertyd gaan jou kennisse die selfde probleme met ander kry want dis lankal orals. Gaan na n handellaar wat wel die kennis steeds het.

Pieter van Niekerk ·

Die verantwoordelikheid van motorvervaardigers loop nie deur tot by die eindverbruiker nie. Die handelaars speel ‘n groter rol as die vervaardiger en vaar nie noodwendig ewe goed nie. Dit hang alles van die kontrak ooreenkoms tussen vervaardiger en handelaar af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.