Isuzu bly taaier as ʼn ratel

Gerhard du Toit saam met sy Isuzu-bakkie. Foto: Verskaf.

Gerhard du Toit en sy koeriermaatskappy, Roadrunner, lê nou al sedert sy aftrede 15 jaar gelede daagliks die afstand tussen Oudtshoorn en George af. Gevolglik het sy getroue Isuzu KB nou al ʼn verstommende 1,7 miljoen km op sy kerfstok.

“ʼn Mens moet verstaan dat ek my bakkie baie goed behandel, en ek praat met hom elke dag. Ek vra hom om lekker te ry en vertel hom dat ek op hom staatmaak om my te kry waar ek moet wees,” sê Du Toit. Hy ry twee keer per dag tussen Oudtshoorn en George op die pragtig, dog gevaarlike Outeniquapas.

Dit is nie nét die meer as 300 km per dag wat van die bakkie ʼn ware werkperd maak nie, maar die tussen 80 en 100 keer aan- en afskakel soos ʼn mens die pakkies op- en aflaai.

“Ek het al twee keer die voorste sitplek se oortreksels vervang, maar ek dink Roadrunner gaan my nog eendag oorleef,” het Du Toit gesê.

Afgesien van ʼn versigtige bestuurstyl hou Du Toit sy bakkie in ʼn puik toestand deur nooit ʼn diens te mis nie. “Behalwe die filters, wielsporing ensovoorts was daar sover nog geen groot probleme as ek die bakkie inneem vir sy diens nie.”

Du Toit is 74 jaar jonk en ry Roadrunner al vir 15 jaar. Hy het die bakkie by sy broer gekoop wat dit eerste aangeskaf het in 1997 toe dit ʼn jong demostrasie-model was met 7 000 km op die klok. Roadrunner is ʼn goeie voorbeeld van die rateltaai-reputasie wat Isuzu het. Dié bakkie is by Isuzu Motors South Africa in Port Elizabeth gebou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KrokodilBotha ·

KB 250 stadig maar opad, sonder probleme. Gee my hoop vir my Isuzu se 300 000 km.

barend v d westhuizen ·

ja die kb 250d is raas soos n trakker maar n kannie dood soos die man se gereel diens en hy hou en dit is die waarhied eige voertuig sal langer hou as hy gereel gediens word met die regte oil en filter van n goeie maak

Attie. ·

Baie goeie poging om Isuzu te adverteer. Ons weet egter almal dat enige engin hou van lang afstande en enige onderstel hou van teerpad. Ek verstaan nie hoekom elke 2 de boer nie ook Isuzu ry nie. Weet iemand wat ry die boere op hul slegte paaie?

gawie ·

Ja hulle ry fords, Isuzu’s, Mahindra nie net toyota nie dis ‘n vrug afdrywer op ‘n grondpad en nie eers te praat van as daai ding grond sien nie, dan wil hy net rol ek gaan gereeld hulle verby op die ground paaie met ‘n np300 2.5, o en nou gaan jy my sê jy ry 140km/h op ‘n grond pad dan gaan kyk jy hoeveel Hilux en criusers le in die skrapjard en daan sal jy jou antwoord kry..

Andre ·

Hier in die Wes-kaap ry baie boere Isuzu . Alhoewel ek tevrede is met my ou Nissan moet ek erken n Isuzu sit lekker op n grondpad en is lig op brandstof.

Die regte Henk ·

Netjiese oom, wat hard werk en sy goed oppas.

Dankie vir die voorbeeld en lekker storie oom en mag daar nog vele veilige kilometers vir oom en Roadrunner wees.

OB ·

Seker nou nie in dieselfde liga nie, maar dit is so lekker om te weet dat ‘n mens met ‘n staatmaker sit en jare der jare se goeie en getroue diens uit hom kry. Ek ry ‘n VW 1800 Jetta, 1989 model. Die meneer is in ons besit sedert 1997. Hy ry steeds elke dag en slaan binnekort die klok op 355 000 km. Hou so voort met jou Isuzu Mnr. du Toit. Goeie goed is skaars.

Curt ·

Baie geluk oom. My splinternuwe uit die boks, 1990 KB230 LE Petrol 4×4 was n stuk gemors en ek konnie vinnig van hom ontlsae raak nie. Hukkende enjin wat somtyds op 4000 rpm ‘ge idle’ het, diff lock wat op die eerste probeer slag uitmekaar geval het. n Agterste ewenaar vat uitmekaar geval het op 20 000 km en vervang was deur DELTA OOS LONDEN met die verkeerde ratio. Ratkas wat kort daarna vervang is as gevolg van die ewenaar. n ‘bullbar’ wat sounder enige stamp uitmekaar gekraak en afgeval het op minder as 10 000km. n Windskerm wat sommer so gekraak het.

Is deur 3 Delta handelare gediens. PE, George en Mosselbaai optyd.

Is darem meestevan die tyd deur Delta betaal maar die ongerief en die feit dat hulle elke keer gese daar is niks vout nie het my te bowe gekom.

Nee dankie. Nie weer nie. Bly om te hoor jy was darem gelukkig.

Curt

Lee ·

Dis great. My home valley! Dankie Maroela vir ‘n lekker storie!

Hannetjie ·

My pa het sy Isuzu Betroubaar genoem. Dit was sy staatmaker voertuig vir baie jare.

Chris Ws ·

Ai dis lekker om so goeie nuus storie te lees.Ek ry self ‘n Isuzu 2,5 D dubbel kajuit en uit omtrent 20 voertuie wat ek al in my leeftyd gery is hy by verre die beste en betroubaarste en vir sy gewig en grootte die ligste op brandstof ook.Ek is nie van plan om ‘n ander voertuig te koop vir die res van my lewe nie.Onderdele is spot goedkoop ook.
My enigste nuwe motor was ‘n Renault 5 en ek het van die gemors ontslae geraak met net 16,000 km op.Ek kyk nie eers vir ‘n Renault nie!
My swaer ry ‘n Toyota Hilux 3,0 KZ TE diesel en kan nie ophou kla hoe swak hy ‘n grondpad vat nie.Hy kruip op ons paaie tot hy by die teer pad uitkom.En dan huil hy oor die ongelooflike dorstigheid van die bakkie wat maak dat hy nie 100km/h op die ooppad oorskry nie.Maar dis ‘n goeie werks bakkie en betroubaar .Ek sal hom nie vir my Isuzu ruil nie!

SjN ·

Hier by ons roep ons hul ai siestog of rook en kook. Op grondpaaie gee die voorstelle in en gaan le, As jy met daardie donkie bakkie vinniger as 100 km kry moet jy n kennisgewing bordjie vertoon wat waarsku, beware of flying parts. Dankie maar nee dankie.

Leon Dormehl ·

My ’96 KB250D 4×4 het 535 000 km. Klepdeksel nog nooit af nie in die 300 000 km en 15 jaar by my. Gebruik geen olie. Doen nog steeds tussen 11 en 14 km/l. Baie grondpad, baie 4×4, baie harde werk
Ons dra 2 maande vd jaar 1.2 ton vrag met .75 ton sleepwa 4×4 id veld. Ek moes ewenaar al twee keer doen, my eie skuld agv ewenaarslot aan vergeet. Herstelwerk 4×4 ratkas eenkeer. Dieselpomp twee keer. Prop shaft twee keer. Enjin nog nooit.

Leon Dormehl ·

Met respek gesê: jy praat twak. Ek het ver meer as halfmiljoen km gedoen waarvan seker 100 000 plus slegte grondpad was. Vervang “ball joints” so elke 40 000 km. GEEN probleme met sg voorstelle
Dat daar seker met spesifieke voertuie probleme dalk so maar jy kan nie veralgemeen. Dieselfde kan ek sê van alke ander voertuig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.