Isuzu mu-X opgeknap

Die Isuzu mu-X. (Foto: Verskaf)

Die Isuzu mu-X, ʼn mededinger vir Toyota se Fortuner, Ford se Everest en Mitsubishi se Pajero Sport, kan nou sy voetspoor in die mark effe dieper trap. Wat veiligheid betref is daar nou ʼn BOS (Brake Override System) wat remafstand tydens ʼn noodstop verkort.

ʼn Nuwe sierrooster het LED-dagligte met bi-LED-projektorligte. Dié ligte beskik oor “auto levelling” sodat die ligte self laer stel indien daar vrag agter gedra word. Nuwe 18”-wiele lyk lekker sportief saam met die swart inklimtrappies. Agter word die kleure effe afgewissel met ʼn bak-kleur bó en swart onder. Silwer dakrakke rond die pakket mooi af.

Foto: Verskaf

Die binneruim kry swart aksente en ʼn nuwe 8”-raakskerminligtingstelsel met CarPlay en Android Auto. Daar is ʼn 9”-stelsel beskikbaar wat navigasie bied.

Die opknappings maak die mu-X nóg aantrekliker aan die buitekant. Maroela Media sal dié voertuig waarskynlik binnekort onder hande hê en sal dan verslag kan gee oor die opknappings.

Die reeks lyk nou só:

Isuzu mu-X 3.0 4×2 6-spoed outoR630 400
Isuzu mu-X 3.0 4×4 6-spoed outoR698 200

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/120 000 km waarborg en 5 jaar/90 000 km diensplan.

Ons het onlangs die Isuzu mu-X teen die Mitsubishi Pajero Sport vergelyk. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.