Jaguar F-Pace kom tuis

Die Jaguar F-Pace (Foto: Verskaf)

Die Jaguar F-Pace (Foto: Verskaf)

Jaguar is al ʼn geruime tyd hard aan die werk om hulle handelsmerk te verfris en opknap. Die F-Type tokkel my hartsnare iets verskrikliks – dan kom die XE, XF, XJ en dan nou die nuwe F-Pace. Al wat Jaguar in Suid-Afrika belemmer is die afgryslike wisselkoers wat die rand tans so arm laat.

Ek onthou die eerste keer wat ek die XF gery het en ontdek het dat daar baie opwindende dinge met Jaguar gaan gebeur.

Wel, skaars 10 jaar later en siedaar – welkom aan die splinternuwe Jaguar F-Pace. Dié nuwe model is onmiskenbaar Jaguar. Beslis nie ʼn lelike-eendjie nie!

ʼn Ware vyfsitplek sportnutsvoertuig met vierwielaandrywingstelsel wat dit reg kry om nie sy sportgeloofsbriewe op te skeur nie. Daar is vier verskillende enjinkeuses beskikbaar. Twee-liter diesel met 132kW en 430Nm, drie-liter diesel met ʼn verstommende 221kW en asemrowende 700Nm, drie-liter aangejaagde-petrol met 250kW en 450Nm en dan die top model, die drie-liter aangejaagde-petrol met 280kW en 460Nm.

Daar is ʼn keuse van verskillende enjins en spesifikasievlakke, Pure, R-Sport, S en S First Edition. Pryse begin by R776 800.

Dit gaan baie interessant wees om te sien of die hantering en ritgehalte tipies Jaguar is en daai drie-liter diesel met sy 221kW en 700Nm laat my hande jeuk en my mond water! Ons sien uit daarna om ons hande op een te lê in die toekoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.