JMC se nuwe Vigus 5 nóú ʼn mededinger

Die JMC Vigus 5 (Foto: Verskaf)

Ons het in 2016 met ʼn JMC Vigus woonwa gesleep. Vir die prys was die bakkie heel aanvaarbaar – maar die enjin kon nie heeltemal die mas opkom nie. Gelukkig het JMC sopas die jongste Vigus 5 bekendgestel, en die enjin is myle beter as dié van sy voorganger.

Die Vigus se eksterieur is ook opgeknap met ʼn aggressiewe nuwe voorkant. Dit lyk heel goed en ʼn mens kan hom dadelik tussen sy mededingers uitken. Die binneruim is gewone dubbelkajuitbakkie – al is daar te veel plastiek en viniel vir ʼn leefstyl-dubbelkajuit.

Die hoeveelheid plastiek en viniel in die splinternuwe bakkie het ʼn chemikaliereuk wat seker met tyd minder sal word soos die kar inloop.

Die JMC Vigus 5 (Foto: Verskaf)

Daar is aangename funksies soos spoedbeheer, parkeerwaarskuwingstelsel, lugreëling, elektriese vensters, bluetooth, 12V-kragproppe en ʼn raakskerminligtingstelsel. Die stuurwiel kan vir reik en kantel stel en die sitplek vir hoogte ook.

Die beste verbeter in die Vigus is die enjin. Steeds Ford Puma gebaseerde ʼn 2,4 turbodiesel, maar dié keer bied hy 103 kW en 310 Nm. Op die pad is dié Vigus 5 wêrelde verwyder van sy voorganger. Die enjin is nog gekoppel aan ʼn 5-spoed handrat in die 4×2- en die 4×4-weergawe.

Op die pad is die Vigus ʼn aangename verrassing. Die vering is soepel genoeg en die padhouvermoë in lyn met wat ʼn mens van ʼn dubbelkajuit verwag. Die Vigus kan 815 kg op sy rug dra en 2 ton sleep.

Die reeks lyk só:

JMC Vigus 5 2.4 TDCi SLX dubbelkajuitR307 990
JMC Vigus 5 2.4 TDCi SLX 4×4 dubbelkajuitR365 990

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en 3 jaar/ 60 000 km diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

koos ·

Kyk gerus ook na nie JAC T6 2.0T bakkie. 100kw. Nuut op die mark maar teen amper R30k minder as die bakkie is dit baie waarde vir jou rand. Ek het een sowat 2 weke terug gery en is baie beindruk.

Koos ·

Niks in die wêreld kom by die 1400 nie! Ek het een en is baie heilig op hom.

Johan ·

Katastrofiese depresiasie kom standaard met hierdie bakkie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.