Jurgens maak sy allernuutste Classique en Exclusive bekend

Jurgens se nuwe karavaan (Foto: Jurgens)

Jurgens se nuwe karavaan (Foto: Jurgens)

Die huidige Jurgens-reeks is al 14 jaar in Suid-Afrika beskikbaar en is sonder twyfel die markleier in luukse woonwaens. Die nuwe ontwerp stem meer ooreen met die luukste Europese karavane.

Die nuwe vierkantige ontwerp bied meer ruimte agter in die wa, waar die badkamer geleë is. Die badkamers is dus meer bruikbaar en bied beter kopruimte. Die Exclusive, Classique en Penta-modelle gaan die eerste Jurgens karavane wees met buite-kombuise. Terselfdertyd is alle kombuise nou met ‘n Snappy Chef-induksiestoof toegerus.

Daar sal nie ‘n Expo-model in die nuwe reeks wees nie en dus is die Fleetline nou die kleinste Jurgens in die nuwe reeks. Die Fleetline kry ‘n vreemde uitleg met die eiland-bed en deur aan die voorkant, maar Clive Cox, Jurgens Ci se ontwikkelingbestuurder, stel my gerus dat hierdie uitleg baie suksesvol is in Australië en daarom word dit nou in die Suid-Afrikaanse mark getoets.

Ek is regtig beïndruk met die nuwe kragproppe wat in die nuwe reeks beskikbaar is en dit maak voorsiening vir elke tipe prop wat ons in Suid-Afrika gebruik, asook ‘n USB-gleuf om jou te foon laai langs die bed.

My eerste vraag aan Clive was, hoe beïnvloed hierdie nuwe ontwerp die gewig van die karavane:

ModelTarraGWMLoonvrag
Ou Exclusive1 504kg1 800kg296kg
Nuwe Exclusive1 770kg2 085kg315kg
Ou Classique1 266kg1 490kg224kg
Nuwe Classique1 530kg1 800kg270kg

Een van die vele voordele met die nuwe ontwerp is dat dit beter waterdigtheid bied. Ek het self ‘n woonwa en ek vrees vir die dag wat iemand vir my sê my wa het houtvrot.

Die nuwe Classique en Exclusive sal vanaf Januarie 2017 by handelaars beskikbaar wees. Die Penta en Fleetline sal later in die jaar beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

Daar is niks so lekker soos om by ‘n goeie oord aan te kom waar die reuk van braaivleis, potjie, swembad water (hth) in die lug hang. Jou karavaan staan te maak en net te ontspan in die natuur, saam die kinders te swem, te gly, put-put….

peter ·

Camping is when you pay an obscene amount of money to live like a homeless person.

miv ·

Maroela, kry asb. ‘n vaardige persoon met goeie sig wat die kommentaar goedkeur. Ek HET al die velde ingevul.

My kommentaar: Ek hou nie van die buite kombuis nie.

BAREND ·

my jurgens exclusive is al 15 jaar oud en ek sal haar vir niks veruil nie ,want sy is myne skuld niks op haar nie .ek kamp 1 keer per maand saam met my karavaan klub

Rita Grove ·

Ek stem ook saam dat die buite kombuis nie vir my is nie…!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.