‘Kia bied beste gehalte ter wêreld’

Die Kia Seltos.

Kia het vir die sesde agtereenvolgende jaar al die ander vervaardigers uitgestof om die nommereen-posisie in die jaarlikse JD Power se aanvanklike gehaltestudie in die VSA te vat.

Kia sit nou met die meeste JD Power-toekennings van enige vervaardiger vir die tweede agtereenvolgende jaar. Wat beteken dit? Dit wys dat Kia-eienaars in die VSA minder probleme aangemeld het in die eerste 90 dae van eienaarskap van enige ander vervaardiger.

Kia het onlangs in Korea sy vierdegenerasie- Kia Carnival, of Sedona soos ons hom ken, gewys. Besonderhede oor enjins en spesifikasies vir die Suid-Afrikaanse model is nog duister – maar ons kan darem al sien hoe hy gaan lyk.

Die Kia Sedona.

Die Kia Sedona word tans deur Kia se lieflike 2.2-CRDi-dieselenjin en ʼn agtspoed-wringkragomsitter- outomatiese ratkas aangedryf. Die enjin bied 147 kW en 440 Nm. Die Grand Sedona is voorwaar ʼn lieflike gesinsvoertuig. Ons verwag die nuwe vierdegenerasie-Sedona laat in 2021 in Suid-Afrika.

Ons het onlangs berig oor Kia se nuwe Seltos wat reeds in Suid-Afrika beskikbaar is. Kia het vandag ʼn dieselweergawe van die Seltos beskikbaar gestel. Die Seltos word aangedryf deur ʼn 1.5-viersilinderturbodieselenjin wat 86 kW en 250 Nm bied. Daar is ʼn handrat én twee outomatiese weergawes beskikbaar.

Die reeks lyk nou só:

Kia Seltos 1.6 EX handratR380 995
Kia Seltos 1.6 EX outoR398 995
Kia Seltos 1.5 CRDI EX handratR410 995
Kia Seltos 1.5 CRDI EX outoR428 995
Kia Seltos 1.6 EX+ outoR416 995
Kia Seltos 1.5 CRDI EX+ outoR446 995
Kia Seltos 1.4 T-FDi GT-LineR471 995

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/onbeperkte km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.