Klein karretjie kan vorm verander, sywaarts ry

Die EO2 Foto: Skermskoot uit die video

Die EO2 Foto: Skermskoot uit die video

Navorsing word gedoen oor ʼn splinternuwe klein motortjie, die EO Smart Connecting Car 2, wat spesiaal ontwerp word vir stede waar spitstye ʼn nagmerrie is en wat ʼn groot tekort aan parkeerplekke het.

Die motortjie is nog net ʼn prototipe van die Duitse sentrum vir kunsmatige intelligensie, berig Mashable.

Al vier die EO2 se wiele kan 90 grade roteer en die motor kan dus in ʼn perfekte sirkel ry of sywaarts ry om maklik te kan parkeer.

Die motor kan ook vorm verander om van 2.5 m te “krimp” na 1.5 m.

Die navorsers wil ook pendelaars se toekoms verander deur die motors in staat te stel om by mekaar aan te haak om ʼn tipe trein te vorm.

Dit is nog nie duidelik wanneer en of die EO2 ooit vir gebruikers beskikbaar gestel sal word. nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ignatius ·

Hierdie karretjies wat van vorm verander en sywaarts kan ry gaan beslis baie voordelig wees in stedelike gebiede veral t.o.v. swaar verkeer en parkering.
Myns insiens is die nadeel dat dit natuurlik baie duur gaan wees.Die ander nadeel dink ek dat dit in Suid Afrika maklik gesteel kan word.Laai dit net op ‘n 1 ton bakkie en daar gaan dit.

Retha ·

Sal nie werk nie- soos Ignatius te reg se, maklik om te steel en kan jy die “treintjie” al sien van Mamelodi af tot in die stad! Gaan chaos veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.