Die motorvervaardigers Abarth en Alfa neem Sondag 4 Junie deel aan die Corse Italiana-renbaandag by Zwartkops-renbaan in die weste van Pretoria.
Die geleentheid vind plaas tussen 12:00 en 16:00.
Belangstellendes kan rondtes koop om in die indrukwekkende Alfa 4C of die asemrowende Guilia QV om die baan te gaan as passasier. Die splinternuwe Alfa Guilia QV is een van die vinnigste sedanmotors wat tans beskikbaar is.
Toegang tot die renbaan is gratis. ʼn Rondte van R80 sluit egter ʼn keps in. Bykomende rondtes is beskikbaar teen R50 per rondte en die glybaan (skidpan) kan teen R20 ervaar word.
NUWE ALFA LYK SOOS BMW MET N BODY KIT OP
Dit klink lekker!