kykNET Buite-ekspo is terug met ʼn slag!

Dit is weer daardie tyd van die jaar! Die kykNET Buite-ekspo is terug met talle aktiwiteite wat op besoekers wag. Bring die hele gesin en kom geniet die buitelewe by die Mbizi Game Lodge vanaf 29 September tot 1 Oktober.

As jy lief is vir die buitelewe, is hierdie buite-ekspo vir jóú!

Dié ekspo het in Februarie 2011 langs die Breederivier, naby Swellendam in die Wes-Kaap, begin. Vandag is dit ʼn ekspo wat op groot skaal in verskeie dele van die land aangebied word. Ná die aanvanklike sukses is besluit om die geleentheid ook in Gauteng aan te bied. Die ekspo vind net buite Bela-Bela – slegs 90 km van Pretoria af – plaas, so daar is geen rede om dit mis te loop nie.

Hierdie jaar kan besoekers verwag om op groot skaal vermaak te word. Daar is 4×4-bergroetes, gratis veldren-ervarings en nog baie meer. Wanneer jou energievlakke so ’n bietjie min raak, kan jy gaan afkoel in die GT Camper-kuiertent of die Castle-biertuin-en-kroeg.

Daar is ook kunstenaars wat jou en jou gesin se voete behoorlik sal laat stamp. Boonop hoef jy nie die naweek se rugby mis te loop nie, want die GT Camper-sportpark saai die wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië uit. Kindervermaak is volop, dus kan jy rustig terugsit en die wedstryd geniet.

Oor middagete en skottelgoed hoef jy jou óók nie te bekommer nie. Van restaurantkos tot ʼn plaaskombuis, jy sál iets lekker kry waaraan jy kan smul.

Bring dus sommer die hele gesin, want by die kykNET Buite-ekspo is daar iets vir almal. Of jy nou kom vir die snuffelmark, die kos, die rugby óf die adrenalien van ʼn 4×4-roete – dit is ʼn lekker dag in die buitelug wat jy nié wil misloop nie.

Vir meer inligting besoek gerus die webtuiste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.