Suid-Afrika se Giniel de Villiers sal Woensdag se derde sneltrajek in die Dakar-veldtydren eerder wil vergeet.
Die ren vind vanjaar oor 10 skofte en 5 000km plaas in die sandduine van Peru. Die ren duur tot 17 Januarie.
Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele hou ons op hoogte oor die gebeure by Dakar.
Die wenner van die Dakar is gewoonlik nie die vinnigste drywer nie – eerder die een met die minste “breakdowns” .