Luister: Motorfietsveiligheid begin by jou


motorfiets

Foto: AdinaVoicu/Pixabay.com

Met die padsterftesyfer wat in 2015 gedurende die Desembervakansie weer nuwe rekordhoogtes behaal het, het Esté Meyer Jansen met ʼn motorfietskenner wat passievol is oor padveiligheid gaan gesels om vas te stel hoe Suid-Afrika se paaie veiliger vir almal gemaak kan word.

Réhann Coetzee is die redakteur van MyFiets.co.za en betrokke by die Think Bike-veldtog. Hy het onder meer verduidelik wat motorfietsryers kan doen om hulle te beveilig op die land se paaie. Verder het hy ook raad vir ouers wat dit oorweeg om moontlik vir hulle kinders ʼn motorfiets of bromponie aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

James Thomson ·

Réhann Coetzee se (motorfiets) padveiligheidspraaitjie met Esté Meyer Jansen is uitstekend en baie leersaam, soos die engelse sê; ‘A lot of food for thought!!!’

Uys ·

Reel 1
Jy moet ten alle tye met jou voorwiel op die grond ry.
Reel 2
Jy mag nie tussen ander voertuie op die streep verby steek.
Ry daarby en jy maak jou eie lewe maklik

Pieter van Niekerk ·

Lees die boek wat deur Britse polisie uitgegee word oor motorfietsry tegnieke. Dit behoort in SA verpligtend te wees om ‘n motorfiets rybewys te kry.

Alwyn du Preez ·

Geduld is nr.1
Nr.2 is goeie oordeel.
Grys hare is ook handig.

Pieter van Niekerk ·

Ek het vir die afgelope elf jaar daagliks 65km met my motorfiets werk toe en terug gependel tussen Roodepoort en Sandton met die snelweg en Hendrik Potgieter langs. Dit is ‘n seëning om die rit in 3 minute af te lê teen ‘n spoed van 80km/uur. Dit neem drie tot selfs vier keer langer per motor. Ek het nie probleme met swart taxibestuurders ondervind nie. Inteendeel is hulle baie hoflik as jy hulle so behandel. Dis ‘n minderheid wat als bederf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.