Luister: Só staan sake na eerste helfte van Dakar

Foto met vergunning van Toyota Gazoo Racing SA

Nasser Al-Attiyah in die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux het sy voorsprong by die Dakar vergroot.

Saterdag is ʼn rusdag waarna die ren Sondag hervat word.

Die ren vind vanjaar oor 10 skofte en 5 000 km plaas in die sandduine van Peru. Die ren duur tot 17 Januarie.

Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele hou ons op die hoogte van die gebeure by Dakar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Giniel ons is nog steeds trots op Jou..dis maar hoe motorsport loop..Jy is n Yster

Johan ·

Mmmm ek dog toyota hou net aan en aaaaaaan. Slim storie vang toe sy baas

MS ·

Johan. Giniel het ‘n klip teen spoed getref wat hulle nie kon sien in die fyn stof/sand nie. Die sg. feshfesh. Die klip het die beskerming plate sodanig beskadig dat ‘n olie toevoer pyp beskadig is en die enjin olie het uitgelek. Giniel hulle was op hulself aangewese om weer aan die gang te kom en het baie tyd verloor. Dit het mos niks met die fabrikaat van voertuig te doen nie. Maak seker van jou feite voor jy post. Soms is dit beter om stil te bly en onnosel voor te kom as om jou mond oop te maak en die vermoede te bevestig.

Braam ·

Al wat daardie voertuie met Toyota in gemeen het is die “grill” en die “badge”. Dit grens aan blatante misleiding. Ek sal wat wil gee om ‘n 2.8 GD6 Raider op daai baan te sien. Kombineer dit met n Ranger, Amarok en Triton en jy het ware kompetisie wat die Dakar se gwildheid gaan “boost” soos in die dae van die Porches, Peugeot’s en Pajeros.

Anton Kld ·

Nou Braam waar is ware kompetisie wat jy van praat. Waarom neem hulle dan nie deel nie? Jy en Johan kan dit maar vir julle self probeer uit maak.??

jos ·

Nee wat, Geniel sal nooit weer n dakar wen nie. Hy was wel een keer gelukkig, want almal voor hom het uitgeval. Hy is net nie wenmateriaal nie.

Chris Ws ·

Jos jy ken duidelik nie die Dakar tydren se omstandighede nie.Dis ‘n ren van OORLEWING en dan moet jy voet in die hoek probeer jaag ook nog.Verskuilde rotse of groot klippe is oorals en enige drywer kan een raak ry.Geniel was besig om iemand verby te steek in die stofwolk en het toe die rots getref.Dit kon met enige iemand gebeur het.Maar van Geniel gepraat ken jy sy “track record” in motorsport?Duidelik nie!Hy is en bly wereld gehalte.Jy kan se net wat jy wil.

Koos ·

Maroela Media, hoe laat julle toe dat stupid mense kommentaar lewer?

Marius ·

Janee, hier is ń klomp dommes wat kommetaar lewer. Die fabrikaat bly Toyota. Al die voertuie wat deelneem is omgebou. Ons kan trots wees dat die Toyota ombouing in SA gedoen word. Geniel is wêreld klas, sport het maar sy teleurstellings.

Wouter ·

Ja Koos ek stem saam. Die stupid mense redeneer tipies soos n passer. Al om sy eie gat. Niemand het gesê dis 2.8 GD6 enjins nie dis wel Toyota V8 enjins wat net soos die Navara’s en Rangers s’ is wat deelneem. Maar het nog nie een van hulle gesien nie. Seker nog op die vorige skofte besig. Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle sê nie…

Ai tog ·

As ‘n voertuig breek vir een of ander rede en nie kan aangaan met die reis nie noem mense dit ‘n “Brakedown” Dis net die stupid mense wat dit probeer weg redeneer en verskonings uitdink. Lyk my die toyota manne of laat ek eerder sê crybabies verstaan dit nie. Die wenner van die Dakar is die man wat geen ongeluk, of breakdown het nie. As hy ‘n breaddown het aanvaar hy dit, maak reg en gaan aan sonder verskonings. Iets waarvan toyota manne maar min van verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.