Luister: Wiele2Wiele – 68 jaar, 10 miljoen Land Cruiser’s

Die opgeknapte Toyota Land Cruiser Prado. Foto: Verskaf

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.

Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Hierdie week gesels Wiele2Wiele onder andere oor Land Cruiser wat sedert 1951 al meer as 10 miljoene voertuie verkoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Attie. ·

Landcruiser bakkies streel die oog. Landcruiser stasiewaens is egter nie so mooi as Toyota se eie Fortuner nie. Die Fortuner val egter in die Hilux klas maar die lelike Pradois ‘n Landcruiser. By die Prado sien mens van voor af net tande soos by die oorlede Chrysler jeepdis in die deel net voor die verkoeler. Indien Landcruiser bakkies ook mooi was soos die Fortuner dan so Toyota sedert 1951 20 milj voertuie verkoop het. Prado is mooi van agter en van bo en van binne maar van voor…sies net tanne.

Kaspaas ·

Toemaar Attie, jou pappa se bakkie is mooier en beter as ál jou maatjies se pappa’s s’n.

Frikadel ·

Sy maaitjies se pappas ry regte bakkies. Rangers
Jy sal seker nie verstaan nie, Los Attie dat hy sy opinie gee.

Sparks ·

Myne 14jr oud 403km later loop nog steeds met lekike tande en al. Prado Bo.

Anton ·

My Landcruiser Prado is nou op 460 000 kilos en 21 jaar oud.
As ek praat van inruil of verkoop praat my vrou van skei of sommer net loop.
Dit is n ongelooflike betroubare voertuig.
Ek geniet hom steeds soos die dag toe ek dit gekoop het.

Anton ·

My Landcruiser Prado is nou op 460 000 kilos en 21 jaar oud.
As ek praat van inruil of verkoop praat my vrou van skei of sommer net loop en vir haar het ek al 47 jaar..
Dit is n ongelooflike betroubare voertuig.
Ek geniet hom steeds soos die dag toe ek dit gekoop het.

Kaspaas ·

Ek hou meer van die Land Rover en Ford reeks van voertuie wat betref voorkoms, werkverrigting, tegnologie ens. As mens egter objektief en oordeelkundig daarna kyk, wen Toyota se betroubaarheid, lae onderhoudskoste en verál herverkoopswaarde, by verre. Soos ons moeders altyd gesê het, skoonheid vergaan maar deug bly staan.

Siener ·

Herverkoopswaarde en hoe versekering loop hand aan hand. Maandeliks betaal jy meer op versekering wat jy miskien gaan terugkry as jy die toyota verkoop. Deesdae betaal al die handelaars maar boekiewaarde uit so die verbruiker trek maar weer aan die korste end.

Jakes du Plooy ·

Ok, wie kan spog met 10.6L/100km gemiddeld op tank #1 en 9.1L/100km op die lang-pad teen 120Km/h?
Lelike tande en al…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.