Hierdie week kyk Wiele2Wiele na die 14 finaliste van die AutoTrader South African Car of the Year-kompetisie.
Die span gaan ry met die Mazda 3-luikrug, staan verbaas oor die splinternuwe Land Rover Discovery Sport, gesels oor silinder-deaktivering en wonder watter motorfietshelde jou beïnvloed.
Luister na die volledige podsending waar die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke bespreek.