Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe JCW Mini Countryman en Clubman, die nuwe ‘Ford vs Ferrari’-rolprent en die motorfietsryers van Suider-Afrika wat jy tydens die Dakar 2020 kan ondersteun. Die ‘Car Mag Performance Shootout’ word ook bespreek en hulle gaan ry ‘n paar BMW-motorfietse in die Laeveld.