Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Suzuki Ertiga

Die Suzuki Ertiga.

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.

Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Hierdie week gesels Carl en Nicol oor Suzuki se sewesitplek Ertiga, Ford se nuwe Ranger-bakkies en alles wat jy in die jongste CAR-tydskrif kan lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wielspore ·

Die Ertiga is soos in die gesprek genoem is, waarde vir geld. Ongelukkig het na verkope diens by Suzuki ‘n bitter smaak by ons gelaat en is die produk nie meer op ons inkopie lys.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.