Luister: Wiele2Wiele gesels oor GTI en Corolla Sedan

Die Volkswagen Golf GTI TCR. Foto: Verskaf

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week raak Wiele2Wiele nostalgies oor die ikoniese GTI-handelsmerk in Suid-Afrika. Hulle praat verder oor Toyota se planne, insluitend die nuwe Toyota Corolla Sedan en daar is motorsportnuus.

Daar word ook gekyk na voertuie wat op petrol en gas loop en vir 2Wiele het SuperBike Magazine vir jou fantastiese nuus met die tydskrif wat nou gratis beskikbaar is om te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.