Luister: Wiele2Wiele gesels oor Motor van die Jaar-finaliste

Die KIA Sportage 2.0 GRDI Ignite. Foto: Verskaf

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.

Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor die finaliste in die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se 2019 Autotrader Motor van die Jaar-kompetisie, ry met Kia se Sportage en gee raad oor uitlaatsisteme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

Ek is bly daar gaan verskillende klasse wees vir motor van die jaar.Die vorige motor van die jaar kompetiesie was belaglik.Hoe kan jy ‘n Kia Pikanto met n Porche Cyenne laat meeding?

TvdM ·

Wel, daar kan net een motor van die jaar gekies word uit die finaliste. Byna elkeen van die voertuie verteenwoordig ‘n ander segment en nie almal kan dus as wenner aangewys word nie. Dit sal onsinnig wees.

As ‘n voertuig in sy segment die grense verder verskuif het as al die ander finaliste in hulle ondeskeie segmente is dit tog die logiese wenner of hoe? Prys kan tog nie ‘n rol speel nie anders sal die goedkoopste kar alewig moet wen en waar is die pret daarin. As die goedkoopste motor egter die meeste vordering getoon het in sy klas is hy ‘n wenner.

chrisjan ·

Die hele storie is akademies vir die gewone koper wat gaan koop wat hy kan bekostig ongeag of hy die motor van die jaar was of nie.Met hoeveel het vorige “motors van die jaar” wenners se verkope gestyg na die toekenning ?Ek sal graag sulke syfers wil sien.

Jepetto ·

CHRIS WS Ek is so bly jy noem dit dit was belaglik .En die ergste van als is hulle het weggekom daar mee die titel is torgestaan h y moet teruggeneem word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.