Luister: Wiele2Wiele gesels oor nuwe Duster en ry met Volvo se XC60

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.

In hierdie week se aflewering gesels hulle oor die bekendstelling van Renault se nuwe Duster, rits rond in Volvo se XC60 wat as die Wêreldmotor van die Jaar bekroon is en raak saam met Etienne Fourie nostalgies oor die 13de jaarlikse skou vir motors met lugverkoelde enjins.

Die skou vind Sondag, 7 Oktober van 9:00 tot 16:00 by die Pretoria Oumotorklub in Keuningstraat, Silverton plaas. Skakel Etienne by 082 326 4305 vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.