Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor Peugeot se nuwe 308, met Taye Perry oor haar Dakar-droom en met Mic van Zyl van Ironman 4×4 oor hoe jy jou 4×4-wa kan regkry vir die boendoes.