Luister: Wiele2Wiele kuier by motorfees

Fernando Alonso. (Foto: AP Photo/Manu Fernandez)

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.

Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Hierdie week het Wiele2Wiele ‘n fees by die Festival of Motoring saam met Volkswagen en Audi, praat oor AutoTrader se nuwe bedryfsverslag, en die dames word bederf by die Gumtree Women in Auto-konferensie. En dit is nie meer net gerugte nie – Fernando Alonso is nou oppad na Dakar 2020 saam met Toyota Gazoo Racing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.