Luister: Wiele2Wiele praat oor die Mazda CX-5 en Peugeot

Die Mazda CX-5 2.2DE AWD Akera (Foto: Mazda)

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger skuif vandeesweek weer agter die mikrofone in vir Wiele2Wiele se weeklikse bespreking van die jongste motornuus, bekendstellings, padtoetse en handige motorwenke.

Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening oor die belangrikste motorsake.

Vandeesweek praat Wiele2Wiele oor die waarde-vir-geld Mazda CX-5, gesels met Xavier Gobille oor Peugeot wat met mening terug is in Suid-Afrika en vertel van die 3 500 km lange Kalahari Rally wat nou op ons voorstoep gaan plaasvind.

Voor ʼn mens jou oë uitvee, is dit tyd vir daardie welverdiende blaaskans in Desember. Daarom het die span raad by Ironman 4×4 gekry oor hoe om jou viertrekvoertuig vir ʼn heerlike bos- of avontuurvakansie gereed te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.