Luister: Wiele2Wiele ry met Alfa se Stelvio Q4

Alfa se Stelvio Q4.

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee uiteenlopende voertuie – Alfa Romeo se Stelvio Q4-vuurwa en Suzuki se sakpas S-Presso. Hulle gaan kuier om die kampvuur saam met Mic van Zyl van Ironman 4×4 en droom saam van hulle volgende 4×4 avontuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kers55 ·

Ek kan nie glo dat in die moderne eeu, vandag, mense hulself met sulke sinlose twak kan ophou nie. Die planeet is in beseringstyd, armoede is globaal, dwarsoor Europa, Kanada en ander vooruitdekende nasies is fietsry in stede en alternatiewe energie die dryf vir ontwikkeling. Maar hier karring hierdie spul aan oor wringkrag en topspoed. Dis patetiese, absolute ouderwetse, sinlose snert. Skaam julle vir sulke twak.

Karlahari ·

Hoekom die mense beledig as jy n ander siening het? Die “spul” waarna jy verwys is motor entoesiaste. Die tipe mense wat motor vervaardigers dryf om altyd te verbeter.
Gaan kyk die moderne 1.4Turbo enjins se krag lewering teenoor sommige van die ou V8’s.
Minder emissies in vervaardiging en op die pad. Ligter branstof verbruik. Veiliger vir insittendes en voetgangers.
Ek neem aan die alternatiewe energie waarna jy verwys is elektrisiteit. Wat in SA uit steenkool opgewek word.
Doen my n guns. Gaan klim in n helikopter, vlieg oor Witbank en gaan kyk hoe lyk dit waar steenkool gemyn word.
Daardie grond is verlore en kan nie weer herstel word.
Kyk na die besoedeling van lug en riviere, suur reën en asemhalings siektes…….
Ek geniet top spoed. Wringkrag, kW en hantering soveel meer as ek die stomp manne in hul oorgewig DDM’s op hul neuse laat kyk.
Kan nie wag om weer langs Zwartkops en Kyalami se renbane te sit nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.