Luister: Wiele2Wiele speel met ʼn Hyundai, Kia en Renault

Renault se sewesitplek-voertuig, die Triber. Foto: Verskaf

Vandeesweek het die Wiele2Wiele-span met Hyundai se nuwe i30 N gespeel. Kia het die stilte met die Seltos-sportnutsvoertuig verbreek wat beslis jou aandag gaan trek en Renault verbaas almal met die prys van sy nuwe sewesitplek-voertuig.

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Wiele2Wiele staan breëbors trots oor ons Suid-Afrikaanse span wat die internasionale BMW GS Trophy vir ʼn derde keer gewen het.

Die Kritzingers gesels ook oor veiligheid in renmotors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.