Mitsubishi Motors Suid-Afrika het vandag aangekondig dat hulle Mitsubishi-voertuie gratis sal nagaan dié feesseisoen.
“Ons handelaars en die meeste van hul personeel is gesinsmense. Ons verstaan hoe belangrik ons kliënte en hul gesinne is – veral voor die besigste tyd op ons paaie. Dus nooi ons jou om jou geliefde Mitsubishi in te bring na jou naaste handelaar om ʼn gratis 28-punt veiligheidsondersoek te ondergaan om te verseker dat jy en jou gesin veilig by jul vakansiebestemming kom,” het Nic Campbell, algemene bestuurder van Mitsubishi Motors Suid-Afrika, gesê.
Daar is 50 handelaars in Suider Afrika – dit sluit Namibië, Botswana en Swaziland in. Die veiligheidsondersoek sluit in komponente soos die remme, wiele en bande, dryfstelsel, wiellaers, asook die enjin en ratkas.
Mitsubishi-voertuie wat nog gedek word deur die oorspronklike of verlengde waarborg het die versekering van padbystand sou die voertuig langs die pad staan.
Campbell voeg by: “Indien jou voertuig gereeld onderhou word, behoort daar geen probleme op te duik nie – maar indien iets fout is, kan die ondersoek groot probleme in die toekoms vermy.”
Soek jou naaste Mitsubishi-handelaar hier:
https://www.mitsubishi-motors.co.za/directory/dealers/
Hoe groothartig van julle. Dit is n mooi gebaar.
….net jammer padverbruikers het nie meer respek vir padreels nie!
Mense ry asof hulle vir altyd gaan leef
Dis nou n goeie gebaar van Mitsubishi! Jammer ek ry nou nie so n voertuig nie!
Baie slim bemarking; dit kan mos nie anders as wat jy met ‘n foutelys daar gaan wegloop nie.