Motorfietsfees keer weer terug na Kyalami

Die vorige motorfietsfees by Kyalami (Foto: SA Bike Festival)

As jy nog nie jou plekkie bespreek het vir dié naweek se Bike Festival nie, dan wil ek jou tog aanmoedig om die naweek ʼn draai daar te gaan maak. Die dag is propvol aktiwiteite en boonop vir oud én jonk.

Die volgende nuwe modelle sal op die skou te sien wees:

  • KTM 790 Duke
  • Indian Chieftan Dark Horse
  • Suzuki DL 250 V-Strom
  • Zontes ZT 310
  • Honda Goldwing Tourer
  • Ducati Scrambler 1100
  • Yamaha YZ65

KTM stal die 2016 wêreldkampioen, Brad Binder, se motorfiets uit en jy kan ook die Dakar-deelnemer Joey Evans se hand skud.

Wat vermaak betref is daar baie om te sien en te hoor. Daar sal regdeur die dag musiekoptredes wees wat tot laatnag aanhou. Toertjieryer Julian Welsh is daar om die skare te vermaak en as die son gesak het, begin Flightnight met plaaslike talent wat toertjies doen. Australiese “freestyle motocross”-kampioen Brayden Davies sal by die plaaslike ryers aansluit, so dit beloof om ʼn aanskoulike optrede te wees.

Daar word hierdie jaar spesiaal voorsiening gemaak vir die kinders met vermaak op die dak van die kuipe.

Die vorige motorfietsfees by Kyalami (Foto: SA Bike Festival)

Daar gaan ook heelwat spesiale aanbiedinge daar wees. Harley-Davidson het byvoorbeeld Street Rods vanaf R85 000, 883’s vanaf R95 000, en omdat Autotrader die hoofborg is, sal hulle jou help om van jou ou fiets ontslae te raak.

Op die baan kan jy van die motorfietse gaan toetsbestuur. Daar gaan selfs die naweek ʼn rondte van die SuperGP- en Super600- nasionale kampioenskap op die baan gehou word.

Baie van die verskaffers het kompetisies aan die gang met fantastiese pryse op die spel: van ʼn kans om na Harley-Davidson se 115de herdenking in Milwaukee te gaan tot ʼn Zontes 125-J-motorfiets.

Dus, of jy nou al ʼn hardebaardmotorfietsryer is of nog ʼn rou beginner, hierdie fees kan jy nie misloop nie!

Vir al die kompetisies en spesiale aanbiedinge, klik hier.

As jy jou kaartjie bespreek by https://www.southafricabikefestival.com/, gebruik die kode BIKEPR, dan spaar jy sommer R50!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.