Motorsport: Almal kan Jaguar Simola Hillclimb kyk …

Foto: Verskaf

Die Jaguar Simola Hillclimb-organiseerders doen alles in hul vermoë om besoekers se veiligheid by die 2018-byeenkoms te verseker. Die geleentheid is vanjaar kontantloos. Met die aankoop van ʼn kaartjie kry jy ʼn armbandjie met ʼn RFID-skyfie in. Algemene toegangskaartjies sluit ʼn Howler Loaded-kaartjie in wat jy teen R10 moet aankoop.

Alle aankope by die byeenkoms kan dan met die skyfie per kaart gekoop word. Die kaart kan te eniger tyd met ʼn debiet- of kredietkaart of kontant herlaai word. Oortollige geld kan drie dae ná die byeenkoms gewissel word.

Mense wat nie vanjaar se byeenkoms kan bywoon nie, sal al die aksie aanlyn kan aanskou. Daar is twee kanale vir dié doel:

www.youtube.com/user/JaguarSA1

www.facebook.com/JaguarSA

Ses kameras sal strategies om die 1,9 km-roete geplaas word sodat kykers al die aksie kan sien. Daar sal tydkaarte en puntelyste wees sodat ʼn mens nie hoef te raai wie is wie en hoe vinnig hulle die bult uitklim nie. Bekende Suid-Afrikaanse sportaanbieder Arnold Geerdts sal regstreeks kommentaar lewer oor die drie dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.