Motorsport: Amper tyd vir die Jaguar Simola Hillclimb

Foto: Verskaf

Knysna sal 4, 5 en 6 Mei vanjaar die negende Jaguar Simola Hillclimb huisves. Sedert 2009 het die Knysna Speed Festival gegroei tot vandag waar hy bekend staan as die Jaguar Simola Hillclimb.

Talle bekende Suid-Afrikaanse renjaers het al deelgeneem – Sarel van der Merwe, Ian en Jackie Scheckter, Mike Briggs, Deon Joubert, Duncan Vos, Wilhelm Baard en nog vele meer. Wêreldberoemde motors soos die Porsche 956, Porsche 917, 1961 LDS Formule 1-renmotor, asook verskeie modelle van Ferrari, McLaren, Lamborghini, Porsche en Nissan het al deelgeneem.

Die formaat het in 2014 teruggekeer na ʼn King of the Hill-fokus met nuwe kategorieë vir Veteraan, Klassiek of Historiese Motors. Classic Car Friday bied voertuie wat voor 1975 vervaardig is die kans om uit te blink. In 2017 is die King of the Hill-formaat verander sodat daar kategorieë is vir SuperCar Shootout, Modified Saloons, Sports Cars en Single Seaters.

Die Jaguar Simola Hillclimb is bekend as Suid-Afrika se Goodwood Festival of Speed met ooreenkomste in die formaat en trek die land se mees indrukwekkende voertuie. Daar is oor die 220 inskrywings om vanjaar deel te neem. Altesaam 64 motors uit 26 handelsmerke sal vuis slaan om die kroon in Vrydag se Classic Car Friday. Daar is oor die 20 handelsmerke wat meeding om die King of the Hill-segment en die stryd is taaier as ooit tevore.

Om kaartjies te koop, besoek Jaguar Simola Hillclimb se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.