Motorsport gevier by Kyalami-fees

Kyalami vier op 4 November plaaslike motorsport by die Kyalami Grand Prix-renbaan in Gauteng. Die feesvieringe sluit ook ʼn Extreme-fees in wat ʼn aksiebelaaide program van twee-, en vierwielbaanwedrenne bied.

Toeskouers kan na die volgende uitsien:
Sasol Global Touring Cars
Engen Volkswagen Cup
Investchem Formula 1600
Hankook Formula Vee
G&H Transport Extreme Supercars
111 & Superhatch
VW Challenge
Kawasaki ZX10 Cup
Bridgestone Thunderbikes
Challenge & Sub 10

Daar sal ook ʼn vertoning wees met 30 motors van die Kaapse V8 Master-reeks in ʼn 10 rondte-resies. Soos in die ou dae is die toeskouerwalle terug en dit bied fantastiese uitkykpunte en uitsigte van die baan. Toeskouers word aangemoedig om hulle braaiers saam te bring.

ʼn Pylvakparade (“grid walk”) vind ook tydens middagete plaas waar toeskouers die renjaers kan ontmoet en die motors van naby kan aanskou.

Kaartjies kan by iTickets.co.za gekoop word. Kaartjies kos tussen R50 en R400 pp. Kuipekaartjies is R75 elk en kinders onder 12 jaar oud is gratis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chrisjan ·

Dis honderdmaal meer die moeitewerd om by te woon as die rugby op Nuweland!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.