Motorsport in Suid-Afrika kry nuwe lewe

Die nuwe Kyalami renbaan is pas voltooi. Foto: Verskaf.

Die renbaan by Kyalami het pas ‘n splinternuwe baadjie gekry. Ongeveer R300 miljoen is bestee om die baan op te gradeer. Foto: Verskaf.

Die Kyalami Grand Prix Circuit and International Convention Centre noord van Johannesburg is uiteindelik klaar.

Tobie Venter en sy span het in Mei 2015 die reusetaak aangepak om die ou Kyalami-baan heeltemal te vernuwe. Venter het R205 miljoen vir die baan betaal en dit gered uit die kloue van moontlike eiendomsontwikkelaars wat die grond wou gebruik.

ʼn Verdere R300 miljoen is bestee om te verseker dat die FIA graad 2-baan van 4,522 km aan al die streng internasionale veiligheidsvereistes voldoen. Kyalami is tans die enigste FIA graad 2-baan op die Afrika-vasteland.

Charlie Whiting, FIA Formule Een se veiligheidsbeampte, het gesê die baan lyk wonderlik en die aandag aan detail tydens die hele projek is uit die boonste rakke. “Ek huiwer dus nie om aan te beveel dat ʼn graad 2-baanlisensie vir die baan uitgereik word nie.”

Kyalami het reeds verskeie suksesvolle feeste en byeenkomste aangebied, maar die eerste wedrenne sal plaasvind onder die ‘Motorsport Festival’-banier. Die fees vind plaas van 21 tot 23 Oktober.

Vir meer inligting besoek www.kyalamigrandprixcircuit.com en om kaartjies te bespreek vir hierdie geskiedkundige aanbieding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dankie ·

Dankie Tobie, dit is gawe nuus. Sterkte en heilwense vir die toekoms.

eugene ·

dankie Tobie
Die baan lyk great!
Kan ek asb n Porsche kry??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.