Motorsport-legende, Sir Jack Brabham, sterf

Jack BDie Australiese voormalige Formule 1-wêreldkampioen Sir Jack Brabham is Sondag in die ouderdom van 88 jaar oorlede nadat hy lank met ‘n lewerkwaal gesukkel het.

Brabham was die oudste oorlewende voormalige Formule 1-kampioen, en het die titel drie keer gewen. In 1959 het hy die eerste renjaer geword wat die kampioenskap in ‘n motor, waarvan die enjin agter gemonteer is, gewen het, en die volgende jaar het hy die titel suksesvol verdedig. In 1966 het hy die eerste (en enigste) renjaer geword wat die titel gewen het in ‘n motor wat hy self vervaardig en sy naam gedra het. Hy het altesaam 14 Grand Prix-wedrenne gewen; sy laaste oorwinning was in die Suid-Afrikaanse Grand Prix in 1970.

Nadat hy uitgetree het, het hy teruggekeer na Australië en sy span verkoop aan die huidige grootbaas van Formule 1, Bernie Ecclestone. Onder die renjaers wat deur die jare vir die Brabham-span gejaag het, was Niki Lauda, Carlos Reutemann, Nelson Piquet, John Watson en Riccardo Patrese.

Brabham is in 1979 deur Koningin Elizabeth II tot ridder geslaan vir sy bydrae tot motorsport. Hy was die eerste renjaer wat dié eer te beurt geval het, maar sedertdien is Jackie Stewart en Stirling Moss ook op hierdie manier vereer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.