ʼn Nuwe avontuur- en reistydskrif… in Afrikaans!

Die ekonomiese situasie en nadraai van die Covid-19-pandemie het tot gevolg gehad dat sekere mediamaatskappye van hul publikasies moes staak.

Gelukkig vir Afrikaanssprekendes is daar mense soos Anton en Mary Willemse, ʼn man-en-vrou-span en hul hoof van redaksie – Justin Jacobs.

Hulle het reeds die land wyd en syd begin plat toer om pragtige foto’s en stories aan hul lesers te bring. Die eerste uitgawe van Avontuur Afrika pronk reeds op die rakke met ʼn oranje Ford Ranger Wildtrak op – amper dieselfde kleur as die Kalahari se Rooiduinroete waarop hulle hulself bevind.

Die tydskrif is reeds beskikbaar by die meeste handelaars landwyd soos Checkers, Pick n Pay, Spar en verskeie boekwinkels teen R49.

Om in te teken vir ʼn 25%-afslag, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.