Net vier SA intreevlakmotors slaag AA-veiligheidstoetse

Die Kia Picanto 1.2 LS het ook die toets gedruip (Foto: autodealer.co.za)

Die Kia Picanto 1.2 LS het ook die toets gedruip (Foto: autodealer.co.za)

Die AA (Automobiel-Assosiasie) het die afgelope week gesê slegs vier uit 23 intreevlakmotors in Suid-Afrika, almal van bekende vervaardigers, het daarin geslaag om veiligheidstoetse vir dié organisasie se Jaarlikse Intreevlakvoertuig Veiligheidsverslag te slaag.

Die 23 motors, almal onder R150 000, is onder meer ingedeel in vlakke van aanvaarbare, gemiddelde en swak veiligheid.

Verskeie veiligheidsaspekte is tydens dié studie gebruik om die algehele veiligheid van ʼn motor te bepaal.

Daar is onder meer gekyk na die sogenaamde aktiewe veiligheidsaspekte, wat verwys na toestelle wat help om die voertuig in beheer te hou of ʼn ongeluk te voorkom deur middel van outomatiese stelsels. Dié elemente is gewoonlik om “menslike foute” te kanselleer. Aktiewe veiligheidsaspekte verwys onder meer na sluitwerende remstelsels en elektroniese stabiliteitsbeheer.

Die Chery QQ 1.1 TXE is een van die motors wat die toets gedruip het (Foto: cars.co.za)

Die Chery QQ 1.1 TXE is een van die motors wat die toets gedruip het (Foto: cars.co.za)

Passiewe veiligheidsaspekte, wat verwys na elemente binne die voertuig wat die insittendes ten tye van ʼn ongeluk beskerm, soos lugsakke, is ook in ag geneem.

Die motors se internasionale Global New Car Assessment Program- (NCAP-) punt is ook gebruik as deel van die assessering.

Die doel van die NCAP is om veiligheid in motors te bevorder deur onafhanklike navorsing en toetse wat die veiligheidseienskappe van motors vergeleke met ander evalueer en die resultate aan die publiek bekend maak.

Motors wat die veiligheidstoets heeltemal gedruip het:

  • Chery QQ 1.1 TXE
  • Datsun GO 1.2 LUX
  • Kia Picanto 1.0 LS
  • Kia Picanto 1.2 LS
  • Die Honda Brio Hatch 1.2 Trend het gemiddeld in die toets gevaar (Foto: autodealer.co.za)

    Die Honda Brio Hatch 1.2 Trend het gemiddeld in die toets gevaar (Foto: autodealer.co.za)

    Geely GC2

  • Chery QQ3 0.8 TE
  • Datsun Go 1.2 Mid
  • Chery QQ 0.8 TX
  • Tata Indica LE AC
  • Tata Indica LGI Sport
  • Tata Vista Ini Bounce

Motors wat gemiddeld in die veiligheidstoets gevaar het:

  • Suzuki Celerio 1.0 GA
  • Chevrolet Spark 1.2 Campus
  • Suzuki Celerio 1.0 GL
  • Suzuki Swfit Hatch 1.2 GA
  • Mitsubishi Mirage 1.2 GL
  • Honda Brio Hatch 1.2 Trend
  • Chevrolet Spark 1.2L
  • Die Renault Sandero 66kW Turbo Expression is een van slegs vier motors wat die toets geslaag het (Foto: iol.co.za)

    Die Renault Sandero 66kW Turbo Expression is een van slegs vier motors wat die toets geslaag het (Foto: iol.co.za)

    Chery J2 1.5TX

Motors wat die veiligheidstoets geslaag het:

  • Citroen C1 Vti 51kW Feel
  • Renault Sandero 66kW Turbo Expression
  • FAW V2 1.3 DLX
  • FAK V2 1.3 #Like

Om meer oor die assessering of die studie te lees, besoek die AA se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ToffieProffie ·

Dit is maar die probleem met klein motors: hulle is die ander karre se frommelsones. Is die Volkswagen UP getoets? Die Up het het sleg gedoen in Indiese veiligheidstoetse ‘n ruk terug.

SkarrelKind ·

ToffieProffie – ek dink een van die groot vereistes vir die spesifieke toets was dat die motors minder as R150k moes kos. Soos wat ek in die bevindinge van die verslag gelees het. En ek dink die UP is dalk effe duurder as die vereiste R150k of minder?

Ek is teleurgesteld in Kia – hulle het so goed vordering gemaak op baie gebiede – ek wens veiligheid was ook een daarvan.

ToffieProffie ·

Jy’s reg Skarrelkind. Ek sien die VW UP begin nou by R156,000 vir die goedkoopste nuwe model. Miskien het VW gou hulle pryse opgesit om te keer dat die UP getoets word! hehehe.

Ja, dis jammer oor Kia. Ek hou ook baie van hulle en hulle het so vooruit gegaan.

Koos1 ·

Ek is baie verbaas oor die FAW V2. Ek hou nogal baie van die kar en veral sy prys en toerusting vlak, as bekommerd oor veiligheid, siende dat dit van Chineese afkoms is.
Ek dink die Chineese begin nou op die regte pad kom. Een van die mooi dae is daar sterk kompetiesie van hulle kant af, lyk dit vir my, veral teen die Japenese en die Europeese karre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.