Nuwe Opel op pad

Die nuwe Opel Foto: Quickpic

Die nuwe Opel Foto: Quickpic

Goeie nuus vir Opel-liefhebbers is dat General Motors eersdaags die jongste geslag Opel Astra sedan in ons land gaan verwelkom.

Alhoewel pryse nog nie bekend is nie, is alle aanduidings dat die nuwe Astra in Oktober hier gaan aankom.

Volgens GM sal die nuwe Astra steeds aan die tegnologiese voorpunt wees wat sy voorkoms, bougehalte en verrigting betref.

Die reeks sal bestaan uit vier modelle en sal onder meer die volgende modelle insluit: 1.6 Essentia, 1.4 Turbo Essentia outomaties, 1.4 Turbo Essentia handrat en die topmodel in die reeks – die 1.6 Turbo Cosmo.

Dis tyd dat General Motors wakker skrik wanneer dit kom by sy bemarking van hierdie gewilde handelsmerk, want in Julie vanjaar het Opel maar ietwat gesukkel – soos blyk uit die volgende verkopesyfers: Corsa (44), Astra OPC (14) en Meriva (ook 14).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.