Nuwe Porsche Panamera spog nou met hibridiese krag

Die Porsche Panamera (Foto: Porsche)

Die Porsche Panamera (Foto: Porsche)

Ná die Geneefse motorskou sal Porsche die eerste motorvervaardiger wees met ʼn inprop- hibridiese model as die vlagskip van ʼn reeks. Die 4.0 V8-enjin uit die Panamera Turbo word gekombineer met ʼn elektriese motor en saam lewer hulle 500 kW en 850 Nm. Sjoe.

Sowaar, 0 – 100 km/h duik op in slegs 3,4 sekondes en die Panamera S E-Hybrid sal aanhou draf tot 310 km/h. ʼn Mens kan 50 km rits op slegs elektriese krag en ʼn NEDC-toets lewer brandstofverbruik van slegs 2.9 l/100 km – al is die syfer geensins moontlik in die werklikheid nie, is dit steeds indrukwekkend.

Die Panamera Turbo S E-Hybrid kan nou bestel word vir aflewering laat in 2017 en daar is twee asafstande beskikbaar. ʼn Executive-weergawe het ʼn langer asafstand met 150 mm.

Die pryse lyk so:

Panamera Turbo S E-HybridR2 931 000
Panamera Turbo S E-Hybrid ExecutiveR3 134 000

Dié pryse sluit ʼn Drive Plan omvattende instandhoudingsplan van drie jaar in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adri ·

Baie mooi pryse! Ek bestel sommer 10 vir al my kinders, vrou, skelmpie die toetie.

Piet van Niekerk ·

50 km/h op slegs elektriese krag? Jy bedoel seker 50km. Waarom ‘n PHEV? Hoekom nie ‘n MHEV nie? Dan kan mens vêr ry sonder om ooit te herlaai. Met die matige hibriede elektriese voertuig en Range Extending Electrical Vehicle tegnologie kan dit dalk die antwoord wees vir ‘n motor soos die Panamera.

Janie Monsieur ·

Dagsê Piet,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die foutjie, en dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.