Nuwe ruimtelaaier vir batterymotors

Elektriese motor word herlaai Foto: Zaptec

Elektriese motor word herlaai Foto: Zaptec

Die maatskappy wat ’n plasmaboor vir die Europese Ruimte-agentskap ontwikkel, Zaptec, het ’n batterylaaier vir die stelsel ontwikkel wat as klein, mobiele laaier enige plek gebruik kan word om elektriese motors vinnig mee te laai.

Konvensionele bore werk nie doeltreffend in gebiede waar min swaartekrag is nie, en daarom word ’n boor ontwikkel wat as’t ware klein weerliggies afvuur wat die rots van binne verpulp. Dit kan met ’n kragbron van 100 Watt vermag word. Die Europese  Ruimteagentskap hoop om met die nuwe soort boor tot tien meter diep te kan boor, aansienlik dieper as die maksimum van twee wat met bestaande bore van dieselfde grootte vermag kan word.

Lees meer: Europese Ruimteagentskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cilliers ·

Jammer as ek dom klink, maar vir my is dít alles Grieks!

Cruz ·

Ek dag die berig handel oor n batterylaaier vir motors.
Skielik is 2de paragraaf oor n plasmaboor in ruimte!

EMK ·

Cruz ek stem – ek wag toe vir nog inligting wat half na die 2e paragraaf (wat ter verduideliking van die boor is, ja) behoort te kom? Komaan Herman, meer inligting asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.