Nuwe stadsbus systap verkeersknope in China

Die bus tydens die onthulling (Foto: Bored Panda)

Die bus tydens die onthulling (Foto: Bored Panda)

China het pas die bou van ʼn verhoogde prototipe bus voltooi wat as’t ware “bo-oor” verkeersknope gaan ry.

Beplanning vir dié bus is in Mei vanjaar tydens die 19de China Beijing Internasionale High-tech-ekspo ingedien deur die vervaardiger TEB.

Die bus is vroeër vandeesweek onthul, en die eerste toetsrit het Donderdag in Qinhuangdao, Hebei, plaasgevind.

Ondanks die feit dat ontwikkelaars slegs vanaf ʼn miniatuurvoorstel van dié bus gewerk het, het die organisasie Jinchuang Corp die bus in minder as drie maande voltooi.

Die bus het egter nog net ʼn 300 m-toetslopie voltooi.

Jinchuang Corp het Donderdag tydens ʼn perskonferensie gesê dié bus, met sy volledige roetes, sal waarskynlik vroeg in 2017 heeltemal voltooi wees.

Nog foto’s volg onderaan die video.

Bron: Bored Panda

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hein ·

Baie goeie konsep wat regtig kan werk in ons omstandighede. Die voertuig se hoogte wat onder die bus deur kan beweeg is natuurlik baie belangrik.

Anie ·

Wens ons het so iets gehad oor bo-oor die vragmotor’s en taxi’ te ry! Dalk moes sommiges by donkiekarre gebly het!

Hendrik ·

Sal nie in die Nuwe SA werk nie, daar sal n taxi in sy pad staan.

Gert ·

Hendrik , hier by ons gaan hulle sy wiele af steel as hy te lank staan of hi jack . LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.