Padtoets: 1 000 km sonder om ʼn pomp te soek

Die opgeknapte Toyota Prado. Foto: Verskaf

Ons Suid-Afrikaners is baie lief vir ons groot sportnutsvoertuie. Dink Pajero, Discovery, Prado en so aan. Twintig jaar terug is dié tipe voertuie teruggehou deur dors petrolenjins en sagte vering met wilde bakrol. Tensy mens so gehard is soos Kingsley Holgate wou mens nie elke dag met een saamleef nie.

Die 2000’s het reuse-ontwikkeling in dieseltegnologie beleef. Amper geen voertuig rol meer soos ʼn seekoei om draaie nie. Ons leef almal onder die illusie dat groter veiliger is, wat nie waar is nie – maar nietemin, so het die groot sportnutsvoertuig beter geword om mee saam te leef.

Die opgeknapte Toyota Prado. Foto: Verskaf

Nou sit ons met ʼn penarie. Mitsubishi se Pajero is nou al oud, en Land Rover se Discovery is ʼn tegnofees wat myns insiens nie reg is vir Afrika-toestande en die afstande wat ons ry, waar daar geen handelaar of hulp is nie. So, kom ons verwelkom die opgeknapte Toyota Prado.

Ek hoor ouens sê: “Wie wil R900 000 betaal vir ʼn ou D-4D-enjin?” Kom ek stel dit so. As mens jou Prado gebruik waarvoor hy gebou is – om Suider-Afrika plat te ry, gaan jy iewers vuil diesel teëkom. Jou Land Rover Discovery gaan net stilhou en sê jy’t vuil diesel ingegooi. Die manne van Toyota Suid-Afrika sê vir my hulle het al ʼn Prado op plaasdiesel getoets, en hy loop.

Die opgeknapte Toyota Prado. Foto: Verskaf

Ek het nou al drie keer die Prado geniet. By die bekendstelling het ons Sanipas uitgery, daarna het ek hom vir ʼn week gehad en moes baklei om hom uit my vrou se kloue te kry, en laastens het ek deelgeneem aan die Rust De Winter 4×4-jamboree met een.

Die manne wat kla oor die D-4D-enjin … julle kan maar ontspan. Die enjin bied 120 kW en 400 Nm. Dit is nie asemrowend nie, maar mens het nie meer as dit nodig nie. Die Prado sal heeldag lank toer teen 180 km/h, glo my … Teen 120 km/h bied hy in die omgewing van 8 ℓ/100 km – in uiterste gemak.

Die opgeknapte Toyota Prado. Foto: Verskaf

Die ontwerp is vir my regtig netjies, taf eintlik. My kinders sê dís ʼn behoorlike 4×4, want sy spaarwiel is op die agterste deur. Ai. Die binneruim bied sewe sitplekke, almal duursame leer wat maklik skoonmaak. Die voorste sitplekke stel elektries en mens is vinnig heeltemal gemaklik.

Daar is ʼn lieflike yskas tussen die twee voorste sitplekke om drinkgoed ysig te hou terwyl jy die land bekyk. Die Prado het ʼn asemrowende 150 ℓ-brandstoftenk, so mens kan ver meer as ʼn duisend kilometer ry sonder om ʼn pomp te soek.

Die opgeknapte Toyota Prado. Foto: Verskaf

Die 4×4-vernuf van die Prado het my uit die veld geslaan tydens die 4×4-jamboree. Waar die Prado nie die mas kon opkom nie, was dit weens my onkunde – nie die Prado sʼn nie. Die Prado bied vierwielaandrywing met ʼn laestrek-oordragkas. Slim ewenaarslotte en elektroniese programme in die 4×4-stelsel stel die Prado in staat om ʼn ware rolspeler in die veldryafdeling te wees. So, wees gerus, indien groot reistogte in Suider-Afrika jou ding is, sal die Prado beslis sy man kan staan.

Die Prado is vir my ʼn maklike voertuig om op te som. Indien jy in dié prysklas val, is dit regtig bekwaam en luuks, sonder om broos te word. Mens kan die Prado gebruik soos ʼn Toyota, en gaan net waar jou hart jou lei met die wete dat daar handelaarbystand is, indien mens dit nodig kry.

Die reeks lyk só:

Prado 3.0DT TX120 kW/400 Nm8.5 ℓ/100 kmR830 400
Prado 4.0 VX202 kW/381 Nm11.5 ℓ/100 kmR940 200
Prado 3.0DT VX120 kW/400 Nm8.5 ℓ/100 kmR942 100
Prado 4.0 VX-L202 kW/381 Nm11.5 ℓ/100 kmR977 800
Prado 3.0DT VX-L120 kW/400 Nm8.5 ℓ/100 kmR979 600

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/100 000 km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Die kompetisie lyk só:

Mitsubishi Pajero 3.2DI-D GLS Exceed140 kW/441 Nm10.1 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R789 995
Land Rover Discovery S TD6190 kW/600 Nm7.8 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

5 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 027 406
Jeep Grand Cherokee 3.0CRD Limited179 kW/569 Nm7.5 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

6 jaar/100 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R1 047 900

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Stan ·

My 2002 Audi A4 1.9 tdi met 530,000 op die clock kry 1,200 km met sy 75 liter tenk. Wat ‘n kar?! Hoe en met wat kan ek hom ooit vervang? I ♥️ my Audi!!!

MK74 ·

Julle besem natuurlik dat hierdie voertuie R200 000 na R300 000 goedkoper in Australië is. Toyota SA het verbruikers net waar hulle hul wil hê.

Antiestabliesment ·

Toyota is soos Godsdiens vir die Afrikaners, ai tog.

Aus Prado ·

Ek sien mens kan nou in Australie die Prado bestel met die spaarwiel gemonteer onder die voertuig en nie op die deur. Wonder of dit hier ook ‘n opsie gaan word.

DANKIE ·

Dit klink en lyk presies na wat ek graag wil he. Al wat ek nou nodig het is ‘n vet bankbalans

Plaas diesel ·

Wat op aarde is “plaas diesel”? Deesdae se trekkers sê ook vir jou jy het vuil diesel gegooi?

Nee wat ·

@Plaas Diesel —ek stel heeltemal saam. Injectors bly injectors en vuil diesel bly vuil diesel. JDeere trekkers is net so gevoelig vir vuil diesel en waarsku jou ook vinning. Toyota sien dit as ‘n verkoops tegniek en glo my daar is baie mense wat dom genoeg is en word daardeur gevang.

Haas ·

My Indiese dubbel kajuit kry ook 1000 plus km per 80L tenk. En hy kos net R327000 met meer as genoeg “creature comforts”. Soos iemand hierbo dit stel: Toyota is ‘n GODSDIENS in die land.

Chris Joubert ·

Dis my probleem ook met Toyota – dit het ‘n kultus geword :-).

Nee wat ·

Die Toyota Prado steek baie af as jy na sy kompetisie kyk. (Krag en verbruik)
Die tyd het aangebreek dat Toyota moet begin besef dat hulle agter gaan raak moet ou engin tegnologie. 120k/ 400Nm is teleurstellend vir ‘n 3L motor. Kan Toyota nie beter nie?? Ek stem saam R900 000 vir ‘n D-4D is lagwekkend.

Plaas diesel ·

Hier in ons boer gemeenskap is dit juis die Hilux’e wat sukkel met injector probleme oor “plaas diesel”. Niemand wil regtig daaroor praat nie (soos godsiens) haha.

Nee wat ·

Jy is nogal reg. Tussen 150 tot 180 000 kan jy verwag om injectors te vervang want dan begin die D-4D baie rook. Dis waarom van my boere toyota pels ‘n bietjie two stroke olie begin bygooi saam met diesel. Ek glo ook nie daarin nie.

Rupert Ashford ·

As die nuwe Patrol tog net in diesel uitgekom het…

braam ·

Ek het my prado verkoop vir ‘n beter en goedkoper Sangyong Rexton

Chris Joubert ·

In Europa is dieselvoertuie al meer ‘n vloekwoord weens die giftige NOx-gasse wat hulle afgee en jaarliks die dood van duisende mense veroorsaak. Wanneer gaan ons in Suid-Afrika wakkerskrik?

ChrisE ·

Ek sal uit beginsel nie ‘n Toyota produk koop nie. Hulle “finansier” al die oorloë en onruste wêreldwyd. Jy kan dit sien, elke terroriste organisasie se bendes ry Toyota Land Cruiser bakkies met masjiengewere agterop gemonteer. Wat sê dit vir jou.

Vraagteken ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie!!! Daardie bakkies word privaat ingevoer uit Japan – Toyota het niks daarmee te doen nie. In die DRC is dit goedkoper om ‘n Prado uit Japan in te bring as wat dit deur ‘n agent kos.

Weet jy wat sê dit vir my; dat die Land Cruiser gemaak is om te hou in enige omstandighede.

Nee wat ·

Een geluk is dat die toyota bakkies al baie roem verwerf het dat hulle maklik rol.

Nee wat ·

@Vraagteken. As jou stelleing waar is dan aanvaar ek Tata is ook super goed want ons eie Sa weermag gebruik hulle. Dan is die Tata en land Cruiser in die selfde klas want hulle hou in enige omstandighede???

Vraagteken ·

@neewat, jy will net konflik veroorsaak. In Suid Afrika is daar nie juis ‘n behoefte vir Land Cruisers in die weermag nie want ons infrastuktuur is vergelykbaar goed (waar jy nie sulke voertuie benodig nie) en hulle is duur.

Ons praat oor die Land Cruiser in terroris-lande en hier kom jy met jou Tata in Suid Afrika. Asb, skrik wakker…

Dink jy nou regtig dat ‘n Tata in die DRC gaan hou???

Vraagteken ·

@neewat. Terloops, aangesien jy ‘n kenner is, waarin glo jy en wat ry jy???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.