Padtoets: Die goedkoopste vierwielaangedrewe C-segment-sportnutsvoertuig

Subaru Forester (Foto: Verskaf)

Ek kom gereeld in die moeilikheid by mense. Indien jou sportnutsvoertuig met goeie grondvryhoogte nie vierwielaandrywing het nie, sien ek nie regtig die punt nie. ʼn Gewone luikrug of sedanmotor sal in baie gevalle ʼn lekkerder ryding wees, goedkoper om te koop, en ligter op brandstof … of is dit?

In dié segment is die goedkoopste hoofstroom sportnutsvoertuig die Kia Sportage 1.6 GDI Ignite teen R386 995. Ek sluit aspris nie die Chinese hierby in nie. Die goedkoopste vierwielaangedrewe sportnuts in dié segment is die Subaru Forester 2.0i teen R438 000. ʼn Japanse SNV, met ʼn 5-ster NCAP-gradering en die wêreld se gewildste vierwielaandrywingstelsel. In ysige Europa, Noord-Amerika en Kanada is Subaru se “symmetrical all wheel drive” uiters gewild en het onlangs Audi se Quattro verbygesteek in terme van verkope.

Hier in Suid-Afrika het ons nie só gereeld die AWD nodig nie, maar die klasleidende 220 mm grondvryhoogte beteken dat die Forester meeste grondpaaie, modder en plaaspaaie sal kan aandurf. Daar is nie laestrek nie, so 4×4-hindernisbane sal nie jou maat wees nie, maar vir die res is hy puik. Subaru was altyd gewild vir hul sagte vering. Hulle het dit onlangs in die WRX geruil vir klipharde vering. Ek is uiters verlig dat dit nie só is met die Forester nie.

Subaru Forester (Foto: Verskaf)

Die reeks geniet nou een enjin. ʼn Atmosferiese 2.0 bokserviersilinderenjin wat 115 kW en 196 Nm bied. Ouer Subaru’s was regtig dors – maar met direktebrandstofinspuiting op die nuwe enjin is brandstofverbruik voorwaar verbeter en mens kan 7.6 ℓ/ 100 km handhaaf op die gekombineerde siklus.

Die binneruim is lekker gemaklik en geensins so yl gesaai soos ouer Japanse binneruime nie. Die spesifikasievlak beïndruk met ʼn magdom veiligheidstelsels soos Subaru se EyeSight met blindekolwaarskuwing. Die EyeSight-stelsel maak die spoedbeheer aanpasbaar en sal jou spoed saam met die verkeer reguleer.

Ritgehalte is lekker sag sonder dat die padhouvermoë daaronder ly nie. Ons het dit weinig nodig in SA – maar die vierwielaandrywing is nie verniet gewild nie. As ʼn pakket blink die Subaru Forester regtig mooi uit in dié prysklas.

Die reeks lyk só:

Subaru Forester 2.0i115 kW/ 196 Nm7.6 ℓ/ 100 kmR438 000
Subaru Forester 2.0i-L ES115 kW/ 196 Nm7.6 ℓ/ 100 kmR476 000
Subaru Forester 2.0i-S ES115 kW/ 196 Nm7.6 ℓ/ 100 kmR509 000

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/ 150 000 km waarborg en 3 jaar/ 75 000 km omvattende instandhoudingsplan.

Die kompetisie lyk só:

Nissan X-trail 2.5 4×4 Acenta126 kW/ 233 Nm8.3 ℓ/ 100 km6 jaar/ 150 000 km waarborg

3 jaar/ 90 000 km diensplan

R460 900
Renault Koleos 2.5 Dynamique 4WD126 kW/ 233 Nm8.3 ℓ/ 100 km5 jaar/ 150 000 km waarborg

5 jaar/ 90 000 km diensplan

R479 900
Toyota Rav4 2.0 AWD GX-R127 kW/ 203 Nm6.7 ℓ/ 100km3 jaar/ 100 000 km waarborg

6 diens-plan

R508 100
Mazda CX-5 2.5 AWD Individual143 kW/ 257 Nm7.3 ℓ/ 100 km3 jaar/ onbeperkte km waarborg

3 jaar/ onbeperkte km diensplan

R557 900

Ek’t al die atmosferiese sportnutse met outomatiese ratkaste en vierwielaandrywing gaan uitsoek. Hier is hulle gelys. Daar is ander diesel of turboaangejaagde sportnutsvoertuie met vierwielaandrywing, maar hulle is almal naby R600 000. Teen R438 000 bly die Subaru Forester 2.0i ʼn ware winskoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Schalk ·

Jy het die Renault Duster uitgelaat – R328k vir ‘n AWD diesel. Ek het onlangs 3000 km in Namibië met een gery en was baie beindruk. Gemiddeld van 7.3l/100km gekry en baie selde uit 6 de rat gehaal op teerpaaie…

Oom Walker ·

Ek skat die Renault Duster hoort eerder in die B-segment ?

Pam ·

Ek en my dogter was bevooreg om die “launch” van die nuwe forester by te woon, saam Subaru JHB. Dit was in Cradle Moon gewees. Dit was ‘n fantastiese dag, ons het die geleentheid gehad om die nuwe forester deur ‘n hindernis baan te vat. Van 36° “incline” tot “axler twisters, daai Subaru kan enige iets oorkom. Met die 2.0 liter motor en CVT ratkas, loop hy baie glad. Vir die prys, is dit dit regtig ‘n winskoop. Huidiglik, ry ons self twee, 2006 Subaru’s waarvan een ‘n Forester is. Die tegnologie is nog net so goed, indien nie beter nie. Skies vir die mooi engelse woorde, soms is dit net beter…

Hendrik van George ·

Was nog altyd verbaas dat Subaru nie beter verkope in SA gehad het nie. In ander lande is hierdie voertuie uiters gewild. Ek dink met die nuwe 2.0 l Forester gaan die neiging verander…

Chris Pretorius ·

SPORTSNUT- VOERTUIG ????……het julle al GEHOOR ? van die MAHINDRA LUX 500 ?
Kom, kom manne …………( ek is n TOYOTA aanhanger ) , maar moes as gevolg van die feit dat voertuie soveel as my huis begin kos ….rondkyk ennn RONDKYK ! ……. dit is seker ? die eerste voertuig wat ek gekoop het wat “ten volle”?……..”users friendly ” was en is en OOK die mees onderskatte een !!!! Sê MAAR NET !!!!

marco polo ·

Brendan, se tog asb waarom jy die Chinese voertuie nie insluit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.