Padtoets: Dié Hyundai is wintie se baas

Die nuwe Hyundai Tucson 1.6 Turbo Executive Sport (Foto: Hyundai)

Suid-Afrika is tans sportnuts-verskrik. Hyundai weet dit, en wil die pap net nóg so bietjie dikker aanmaak. Welkom almal aan die Hyundai Tucson 1.6 Turbo Executive Sport. Ons het dié model kortliks beproef tydens sy bekendstelling en met groot oë daar weggeloop.

Noudat ons bietjie meer tyd met die Tucson deurgebring het, kan ek net weereens beaam dat die Hyundai Tucson ʼn opwindende ryding is. Daar is plek genoeg vir die hele gesin, vyf sitplekke en al. Wat die Tucson onderskei van al die ander vervelige familievoertuie is die reusagtige 245/45/19-wiele en die vier uitlaatpype.

Dié Tucson is tog steeds voorwielaangedrewe, so moenie dink jy gaan by die verkeerslig wegjaag sonder enige drama nie. Jy gaan moontlik redelike skade aan jou voorste bande aanrig, al lyk dit ietwat indrukwekkend vir die sewejarige seuntjie in jou.

Die nuwe Hyundai Tucson 1.6 Turbo Executive Sport (Foto: Hyundai)

Die binneruim is netjies uitgelê, en al die truuks is daar. Dubbelsone-klimaatbeheer, spoedbeheer, elektriese sitplekke, navigasie, selfverduisterende truspieëltjie en outomatiese ligte en ruitveërs. Die bestuursposisie is vir my in die kol en lekker gemaklik vir die langpad.

Die vering, ritgehalte en padhouvermoë is vir my indrukwekkend vir ʼn mediumgrootte sportnuts wat op 19″-wiele loop. Daar is bitter min bakrol en die vering raak nie ondeund op slegte paaie nie. Al waarvoor mens versigtig moet wees, is om te kwaai te wees met die versneller in eerste en tweede rat met al daai wringkrag. Sodra hy mooi vasgetrap het, kan mens maar laat waai.

Die 1.6-viersilinderturbopetrolenjin bied 150 kW en 295 Nm. Die gewone 1.6-turbo sonder die ekstra 20 kW en 30 Nm neem 0-100 km/h in 9,2 sek en hy sal uiteindelik by 203 km/h draai. Ek is nie seker hoeveel vinniger die sport-ene is nie. Indien mens rustig ry, is hy lekker lig op brandstof – maar indien jy heeltyd jaag, raak hy dors. Die rathefboom skuif heerlik tussen ratte – so mens krap of mis nie maklik ʼn rat nie.

Die Tucson is ʼn baie goeie produk, en Hyundai se waarborg bitter sterk. Die segment is wel reusagtig en die kompetisie skrikwekkend.

Die reeks lyk só:

ModelKragEkonomie0-100 km/hTopspoedPrys
Tucson 2.0 Premium115 kW/

196 Nm

8.9 ℓ/100 km10.6 sek186 km/hR379 900
Tucson 2.0 Premium outo115 kW/

196 Nm

9 ℓ/100 km11.1 sek181 km/hR399 900
Tucson 1.6 Turbo Executive130 kW/

265 Nm

8.3 ℓ/100 km9.2 sek203 km/hR449 900
Tucson 1.7CRDi Executive85 kW/

280 Nm

4.7 ℓ/100 km13.7 sek176 km/hR449 900
Tucson 2.0 Elite outo115 kW/

196 Nm

9 ℓ/100 km11.1 sek181 km/hR474 900
Tucson 1.6 Turbo Executive Sport150 kW/

295 Nm

8.9 ℓ/100 km??R499 900
Tucson 1.6 Turbo 4WD Elite130 kW/

265 Nm

8.5 ℓ/100 km9.1 sek201 km/hR534 900
Tucson 2.0 CRDi Elite131 kW/

400 Nm

6.7 ℓ/100 km9.3 sek201 km/hR539 900
Tucson 1.6 Turbo 4WD Elite Sport150 kW/

295 Nm

8.9 ℓ/100 km??R599 900

Die reeks word gedek deur Hyundai se 5 jaar/150 000 km-voertuigwaarborg en 7 jaar/200 000 km-dryfstelselwaarborg en ʼn 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Die kompetisie lyk só:

ModelKragEkonomie0-100 km/hTopspoedWaarborgPrys
Ford Kuga 2.0T AWD Titanium177 kW/ 340 Nm8.6 ℓ/

100 km

7.8 sek212 km/h4 jaar/80 000 km-diensplan

4 jaar/120 000 km-waarborg

R497 900
Volkswagen Tiguan 2.0TSI 4Motion Highline162 kW/ 350 Nm7.8 ℓ/

100 km

6.5 sek220 km/h5 jaar/90 000 km-diensplan

3 jaar/120 000 km-waarborg

R559 900
Subaru Forester 2.0 XT177 kW/ 350 Nm8.5 ℓ/

100 km

7.5 sek210 km/h5 jaar/150 000 km-waarborg

3 jaar/75 000 km- omvattende instandhoudingsplan

R605 000
Honda CR-V 1.5T Executive AWD140 kW/ 240 Nm7 ℓ/100 km7 sek200 km/h5 jaar/200 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R584 900
Kia Sportage 1.6T GT-Line AWD130 kW/ 265 Nm7.5 ℓ/

100 km

9.1 sek201 km/h5 jaar/onbeperkte km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R599 995

Ek’t die Tucson teen die sterker mededingers in die klas vergelyk. Almal is turboaangejaag en vierwielaangedrewe. Die Tucson is die enigste model wat dié krag in voorwielaandrywing aanbied.

Die nuwe Hyundai Tucson 1.6 Turbo Executive Sport (Foto: Hyundai)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chrisjan ·

Vir heelwat minder geld koop ek veel eerder ‘n dubbelkajuit bakkie.Hulle hanteer ons slegte paaie soos ‘n droom en ry net so lekker soos enige kar!

Tiger ·

Ons ruil ons Isuzu d/c nie vir enige Tucson nie ,jammer!Hy hanteer ons slegte teerpaaie soos ‘n droom en ry nes ‘n kar en ‘n nuwe een is baie goedkoper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.