Padtoets: Hou matigheid voor oë

Die nuwe Renault Captur (Foto: Renault)

Dit is geen geheim nie dat ek van dieselenjins hou. Na my oordeel vaar die Franse diesel die beste. Ek het al self vyf besit. Petrolenjins het tot ʼn mate opgevang in terme van brandstofverbruik, maar kan steeds nie die wringkrag lewer wat diesels kan bied nie. As jy ʼn jaagduiwel is, is daar beter oplossings as diesel, maar vir diegene wat net lekker wil ry en so min brandstof moontlik gebruik is diesel die antwoord.

Die Renault Captur 66kW dCi is ʼn 1,5 viersilinder-turbodiesel-enjin wat 66 kW en 220 Nm bied. Daardie 220 Nm is beskikbaar teen 1 750 r/min. Renault se eie petrolweergawe bied 66 kW en 135 Nm uit hul driesilinderturbopetrol. Die skrale 135 Nm is eers beskikbaar teen 2 500 r/min. Renault se 66 kW petrol Captur bied ʼn gemiddelde brandstofverbruiksyfer van 5,4 ℓ/100 km en die diesel 3,6 ℓ/100 km. Dit is briljant.

Die nuwe Renault Captur (Foto: Renault)

Wat presies is die Captur? Dink aan Renault se Clio – bietjie opgepomp, beter grondvryhoogte en effe groter… dis hy daardie. Die Captur geniet Renault se wêreldberoemde 5-ster Euro NCAP-veiligheidsgradering. Beste val alles is die Captur is geen lelike eendjie nie – en die diesel weergawe ry regtig lekker.

Die ontwerp is in lyn met alle klein kruismodelle wat tans op ons paaie rondrits. Die binneruim is modern en ruim, en waarvan ek die meeste hou, skoon en eenvoudig. Die kajuit is ergonomies uitgelê, maar dit kan wees omdat ek self al drie Renaults besit het.

Die ritgehalte is meer gerig vir gemak as ʼn sportiewe bestuurstyl en dis geensins ʼn slegte ding nie. Padhouvermoë vir ʼn kar in dié  klas is goed en die Michelin-bande waarmee die Captur uitkom lekker stil. Die feit dat die Captur gemaak is om gemaklik te wees en maklik ry is verfrissend. Die brandstofverbruik is voorwaar indrukwekkend. Ek dink die Captur is ʼn goeie opsie om te oorweeg.

Die reeks lyk só:

Renault Captur 66kW turbo Blaze66kW/ 135Nm5.4ℓ/100kmR236 900
Renault Captur 66kW turbo Dynamique66kW/ 135Nm5.4ℓ/100kmR281 900
Renault Captur 66kW dCi Dynamique66kW/ 220Nm3.6ℓ/100kmR307 900
Renault Captur 88kW turbo Dynamique88kW/ 190Nm5.5ℓ/100kmR307 900
Renault Captur 88kW turbo Dynamique EDC88kW/ 190Nm5.4ℓ/100kmR322 900

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 45 000 km diensplan en 5 jaar/ 150 000 km waarborg.

Die kompetisie lyk só:

Ford EcoSport 1.5TDCi Trend74kW/ 205Nm4.6ℓ/100km4 jaar/ 120 000km waarborg

4 jaar/ 60 000km diensplan

R289 800
Mazda CX-3 2.0 Active115kW/ 204Nm6.5ℓ/100km3 jaar/ onbeperkte km waarborg

3 jaar/ onbeperkte km diensplan

R290 800
Toyota C-HR 1.2T85kW/ 185Nm6.3ℓ/100km3 jaar/ 100 000km waarborg

5 jaar/ 90 000km diensplan

R335 100
Fiat 500X 1.4T Pop Star103kW/ 230Nm6ℓ/100km3 jaar/ 100 000km waarborg

3 jaar/ 100 000km diensplan

R336 900
Nissan Juke 1.5dCi Acenta+81kW/ 260Nm4.2ℓ/100km6 jaar/ 150 000km waarborg

3 jaar/ 90 000km diensplan

R338 900
Opel Crossland X 1.2T Cosmo81kW/ 205Nm4.9ℓ/100km5 jaar/ 120 000km

waarborg

3 jaar/ 60 000km diensplan

 

R360 065
Hyundai Creta 1.6CRDi Executive outo94kW/ 260Nm7.4ℓ/100km5 jaar/ 150 000km voertuigwaarborg

7 jaar/ 200 000km dryfstelselwaarborg

5 jaar/ 90 000km diensplan

R384 900

Daar is baie rolspelers in dié mark. Dit gaan heeltemal oor persoonlike keuse. Maak ʼn kortlys en gaan toetsbestuur almal. Een gaan vir jou die lekkerste ry.

Die nuwe Renault Captur (Foto: Renault)

Die nuwe Renault Captur (Foto: Renault)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê CR
Ons vra om verskoning vir die oorsig! Die regte kwW is natuurlik 103kW en nié 10 kW nie. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Willem ·

Verslaggewers skryf net oor nuwe karre se padtoetse en werkverrigting, dan klink als pragtig en wonderlik, maar ek sal dit waardeer as hulle vir ‘n slag die werkskaarte kan trek, op die instansies se rekenaars kan ingaan en inligting versamel oor die probleme wat die karre gee, die onderdele wat vervang word. Dit dat ‘n mens vir ‘n slag kan sien met watter produk ‘n mens oor ‘n tyd werklik mee te make het.

Ek ry ‘n Renault Scenic, waarvan die koppelaar om en by elke 15,000km vervang moet word, ek ry bykans geen passe nie en ry maar so 6,000km per jaar. Die metaal waarvan die voertuig vervaardig is, is van so ‘n aard dat as die voertuig vir ‘n paar uur aan son blootgestel is, maak van die panele nou en dan uitsettings klapgeluide. Dan nog een of twee ander irritasie. Hierdie is my tweede Scenic wat op die eerste een met soortelyke probleme ingeruil is, dit was na tien maande se aaneenlopende frustrasie, na die handelaar dit nie kon regkry nie.

Die eerste een se agterdeur slotte het ook vanself oop en toe gemaak, dan sit ons in die kar geparkeer maar die kar was nie eens aangeskakel nie. Aanvanklik het ons gedink dit is die slot meganisme, maar later uitgevind dit is die rekenaar wat fout is, dié het by tye soos ‘n by gezoem.

Paul ·

Een vraag, Willem: Hoekom sal jy ‘n Scenic wat probleme gee inruil vir ‘n ander Scenic? Stamp jou kop twee keer teen dieselfde klip?

Willem ·

Paul, ek was by prokureurs gewees met bewyse, die geluide kon ons hoor op die video wat ons van die natuur/wild buite die kar geskiet hy. Ek was maande in gespek met Renault sonder sukses, hulle het gedurig fout op ander plek gesoek, my aan ‘n lyntjie gehou. Die prokureur het my advseer om liewer direk met die handelaar te gaan gesels, aangesien regskoste dig by die R100,000 vir so ‘n tegniese saak sou kon beloop, en ek het nie daardie geld gehad wat rondlê nie. Ek is toe met die bewyse weer na die handelaar toe, dié het toe gesê ek kan die kar op ‘n nuwe een inruil, maar geld van die kar gaan hy nie terug gee nie. Hy vra toe wat ek het om in te betaal, dan sy hy uitwerk of hy vir my ‘n volgende model kan gee, wat hy toe wel gedoen het. As hulle ook maar net dieselfde transaksie vir my ‘n paar maande vroeër aangebied het, sou ek ‘n baie beter inruilprys vir die ou kar gebry het, en kon ek dalk na twee modelle hoër op gaan. ‘n Renault weer vir my, nee, hierdie moes my afreekar wees.

In effek het ek voor die twee modeele hier voor ook ‘n Renault gehad wat 100 was, my vrou ry ‘n Clio, ook als 100.

Chris ·

In ons land is die gehalte van diesel uiters onbetroubaar. Kan nie met Europese diesel vergeleyk word nie. Selfs 10 ppm diesel is uiters skaars in ons land. Te veel skade al gehad met vuil diesel. Diesel bly dus groot risiko omrede jy nooit kan bepaal wat is die kwaliteit van die diesel wat jy in jou voertuig ingooi nie.

Wouter ·

Chris

Kry vir jou ‘n Landcruiser bakkie (eintlik net Cruiser, want ‘n bakkie is ‘n ding waaruit ‘n hond eet) soos ek. Hy ry tog te lekker met enige diesel, selfs 500ppm.

Paul ·

In hierdie padtoetse word nooit ‘n woord gerep oor hoe diesel se uitlaatgas erg giftig is nie, baie erger as petrol uitlaatgasse. Dieselenjins, selfs die moderne dieselenjins, laat meer as 20 keer meer stikstofoksied vry as petrolenjins. Dit vernou die lugweë in die longe, verooraak inflammasie, verswak die immuunstelsel en veroorsaak hartprobleme. Dis werklik ‘n ernstige gifgas, en dis maar net een van die soorte gif, van die ander veroorsaak kanker, wat in baie hoër konsentrasies in dieseluitlaat voorkom as in petroluitlaat. Sommige Europese stede verbied nou al enige voertuie met dieselenjins in sekere gebiede, weens gesondheidsredes. Hoe gouer diesel uitgefaseer kan word, hoe beter.

Op ‘n ander noot. Wat van die Subaru XV as ‘n mededinger? Of is dit te groot en in ‘n ander klas? As die Hyundai Creta kan kwalifiseer, kan die Subaru seker ook? Dis R389 000 vir ‘n voertuig met ‘n 2-liter petrolenjin en een van die beste vierwielaandrywingstelsels wat te koop is. Die XV kan jy werklik op ‘n tweespoorpad, of geen pad, vat, terwyl niks van hierdie ander speelgoedkarretjies dit daar sal maak nie. Ook geen turbo om te breek nie.

Hercules ·

Wouter hierbo moet tog maar let daarop dat een woord verskillende betekenisse kan he. So, die woord bakkie verwys nie net na iets waaruit jy of jou hond eet nie maar ook na ‘n tipe voertuig. Daar bestaan dus beslis so iets as ‘n Landcruiser bakkie.

Piet Pompies ·

Ons gesin het die eerste keer die Diesel mark betree met ‘n 2007 VW Touran 1.9TDi wat ons moeitevrye ekonomiese rygenot gegee het. In 2014 het besluit om ‘n nuwer model voertuig te koop en hoe vervang jy iets wat vir jou alreeds uitstekende diens gegee het. Ons koop toe weer ‘n Touran, 2014 2.0l TDi, met die waarborg en diensplan het ek tot op datum net vir Diesel verbruik betaal, weereens ‘n puik voertuig. Die nuwe VW Polo Vivo Max is laas week bekend gestel teen R225 000 wat ook ‘n ligte kruis voertuig is. Hier is nog ‘n wenner van VW…….

Paul ·

Die Polo Vivo Maxx is definitief nie ‘n “ligte kruis voertuig” nie. Dis ‘n gewone Polo Vivo wat met ‘n skrale 15 millimeter, skaars ‘n halfduim, opgelig is. Plus plastiek op die onderkant vasgeplak. En dan groter 17-duim wiele, wat beteken die bande het ‘n laer profiel, wat dit moeiliker maak om selfs oor ‘n lae randsteen te ry sonder om ‘n wiel te skraap. Die Maxx is in wese slegs ‘n “appearance package”, niks meer nie.

As ‘n kar ‘n “crossover” word net omdat dit 15 millimeter hoër is en swart plastiek onderkant vasgeplak het, dan het ek ook nou al alles gesien!

Piet Pompies ·

Paul, die berig bo-aan gaan oor klein kruis modelle of ook soos genoem ligte kruis modelle. Die nuwe Polo Vivo Maxx val in die kategorie, hierdie MPV tipe modelle vind aanklank by moderne kopers, VW gaan in 2019 nog so ‘n kruis model Polo bekendstel gegrond op die huidige 2018 Polo. Kruis modelle het niks te doen met 4×4 of veld toestande, al is dit 15mm in grondvrye hoogte bied dit jou goeie padhou vermoë met bietjie eksta grondvrye hoogte.

Sandra ·

Ek het ‘n Sandero Dynamique Turbo 900 cc. Die kar het spoed, lig op petrol, my 2e Renault. Ja, ek het ‘n klein probleempie opgetel, maar dit was die dienssentrum wat my in die steek gelaat het. Ek ruil my kar vir niks anders as Renault nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.