Padtoets: Met ouderdom kom wysheid

Die Golf GTD (Foto: Volkswagen)

Elke mens gaan deur verskeie fases in jou motor-lewe. Jou eerste kar was waarskynlik iets eenvoudig en goedkoop gewees, dalk ʼn Volla. Moontlik skrikwekkend onbetroubaar en onversadigbaar dors op brandstof – maar dit was wiele. Dan beweeg ʼn mens aan na jou eerste “nuwer” voertuig, dalk met lugreëling ensovoorts. Indien finansies dit toelaat het ʼn mens begin kyk na die kar wat jy nog altyd wou gehad het. Die spoedvrate tussen ons wou altyd daardie vinniger voertuig hê. Vir baie mense was daardie spesifieke kar moontlik ʼn Golf GTi. Toe kom kinders, en standvastigheid, en doeke… en daar gaan die GTi. Maar – Volkswagen het ʼn oplossing: Die Golf GTD.

Die Golf GTD is steeds ʼn Golf, in sy modieuse pak. Jy kan met die eerste aangesig sien dit is nie net ʼn gewone Golfie nie, maar eerder een met beter maniere en sportiewe intensies. As ʼn mens inklim is dit presies dieselfde as die GTi, behalwe vir die klein tekentjie op die stuurwiel wat sê GTD, en die toereteller se rooi lyn wat ʼn bietjie vroeër begin. En die feit dat die GTD minder arrogant is as die GTi.

Is daar enigsins ʼn ander verskil? Nie veel nie. Die GTD het ook ʼn dubbelkoppelaarratkas, sportiewe vering, luukse binneruim en so aan – maar hy het wel ʼn 2,0 viersilinderturbodiesel enjin wat 130 kW en 350 Nm bied. Dit is die selfde wringkrag as wat die GTi bied. Die GTD is slegs en sekonde stadiger van 0 – 100 km/h met 7,4 sekondes, en hy sal 230 km/h haal.

Die Golf GTD (Foto: Volkswagen)

Hoekom sou ʼn mens die GTD dan koop? Dit is ligter op brandstof, en ʼn mens ry hom nie die heeltyd soos ʼn besetene nie. So hy is ligter op boetes ook. Hy kan rustig raak, en net lekker ry – nie soos die GTi wat jou heeltyd aanpor om te jaag nie. As ʼn mens praat van ʼn paar jaar – gaan die GTi vir jou 90% van die rygenot bied – teen ʼn reuse-besparing. Hy is tót R40 000 goedkoper as dit GTi om te koop. So, indien jy ʼn jaagduiwel is – koop ʼn GTD en flous jouself met die brandstofbesparing.

Die ontwerp is regtig mooi en die Golf se binneruim het oor die jare regtig luuks geword. Daar is ʼn magdom veiligheidstelsels, leerbekleedsel, lugreëling, parkeerhulp, ʼn asemrowende klankstelsel en die lys hou net aan. Ek persoonlik kan aan geen redes dink hoekom mens nie die GTD sou koop nie, behalwe een – die GTi. Maar – dis Volkswagen wat net seker maak hulle dek die hele mark.

Die reeks lyk só:

ModelKragBrandstofverbruik0 – 100km/hTopspoedPrys
VW Golf GTD130kW/ 350Nm5ℓ/100km7.4 sek230km/hR509 400
VW Golf GTi169kW/ 350Nm6.4ℓ/100km6.4 sek248km/hR548 600
VW Golf R213kW/ 380Nm7ℓ/100km4.6 sek250km/hR664 400

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 120 000 km waarborg en 5 jaar/ 90 000 km diensplan.

Die kompetisie lyk só:

ModelKragBrandstof-verbruik0 – 100km/hTopspoedWaarborgPrys
BMW 120d M Sport outo140kW/ 400Nm3.9ℓ/100km7 sek228km/h2 jaar/ onbeperkte km waarborg

5 jaar/ 100 000km omvattende instandhoudingsplan

R566 400

Daar is net een vinnige diesel mededinger vir die Golf in die BMW 1-reeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

koos1 ·

Wat ek nie kan verstaan nie (ek is seker net stupid), kry BMW en VW dit reg om oor die 130kw uit ‘n twee liter diesel te tap, maar met bakkies sit hulle om en by die selfde kw, maar met 3 liter diesels. VW het nou vir die eerste keer die 165kw merk gehaal maar dit is met ‘n 3 liter V6.
Sou hierdie enjins nie net so in bakkies gebruik kan word nie?
Hoe ver kan ‘n 2 liter diesel gedruk word voordat die enjin nie die drukking meer kan hanteeer nie?

Vraagteken ·

Koos1, in teorie – Ja, jy kan daardie engines net so gebruik. Maar hulle gaan nie so lank hou nie. Jou groot engines en sy ratkas word met ‘n vergelykbare groot ‘safety factor’ ontwerp. Dit will sê, engine komponente soos ‘crankshafts, conrods’, is sterker. Al die krag moet deur die ratkas gaan, dit beteken dat die ratkas sterker gebou word. Omdat hy sterker gebou word, beteken dat ‘n grooter % van die krag deur die ratkas verlore gaan.

As jy daardie klein engine in ‘n swaar voertuig sit, en jy ‘dyno’ hom, dan sal jy aansienlik minder krag op die wiel meet, in vergelyking met ligter voertuie. Dit is omdat die krag deur die ratkas verlore raak. Dit is ook die rede hoekom ratkaste op die 3.2 Ranger sukkel om te hou – hy kon eenvoudig nie die wringkrag hanteer nie.

Moenie jouself blindstaar teen krag (kW) nie. Wringkrag (Nm) is meer van pas op swaar voertuie. Die Amerikaners het ‘n gesegte – “there’s no replacement for displacement”. Groot engines gee vir jou wringkrag. Klein engines sukkel om dit te gee. Die regte balans tussen wrinkgrag en krag moet gehandhaaf word.

Gaan lees ‘n bietjie op oor die Ferrari F50. Sy engine kom uit ‘n Formula 1 motor uit. Maar omdat die F50 aansienlik swaarder as die Formula 1 kar was, moes Ferrari die engine baie ‘de-tune’ – wat veroorsaak dat die engine langer hou en meer van die wringkrag kan absorbeer. Dit kom neer op dieselfde beginsel.

Turbo ·

@Vraagteken, : `klein enjins sukkel om dit te gee. ‘ Voeg ‘n turbo saam met jou klein enjin en jy kry vragte meer Nm, vergl Golf, 999 cm3, en 200 Nm.
Hoe groot gaan jou normaal ge-aspireerde turbolose (petrol) masjien moet wees om ~200 Nm op 1500m bo seevlak te lewer? (Maw ons praat van so 230 Nm enjin). Ek dink meer as dubbeld, dalk so 2.3l?

NS: koos1, Die 2.0l Amarok lewer inderdaad 132 Kw en 420 Nm.

Vraagteken ·

Turbo, nêrens het ek verwys na ‘n engine wat nie ‘n turbo (turbolose) op het nie. Daardie groot engines waarna ek verwys, het turbos op. Terloops, dit is juis die turbo (aanjaer) wat die oorsaak van baie probleme is. Dit is hoekom baie turbos op bakkies ‘n plat krag kurwe het. Dit sluit ook by die vraag van koos aan.

Op die einde van die dag; klein engines se safety factors word al hoe minder hoe meer krag jy uit hom stoot.

As jy soveel wringkrag by sit, maar dit gaan nêrens (indirek omdat die voertuig so swaar is), dan begin jy probleme kry. Die spanning op jou komponente word net te groot. Dit is ook hoekom jy moet terugrat as jy bestuur in plaas daarvan dat die engine swaartrek in 6de rat. In effek, jy plaas al daardie spanning op die komponente van die voertuig en nie op die pad nie. Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel.

Turbo ·

NS : Ja jy is doodreg, daardie ‘swaartrek’ in 5/6de rat is baie baie sleg, maar as ek sien hoe baie mense so ry verstaan die meeste nie die ‘storie agter die storie’ nie.

Rupert Ashford ·

Volkswagen het deesdae ‘n v6 Amarok in die internasionale mark en hy is ‘n bielie.

Piet Pompies ·

Ons besit tans ‘n 2014 VW Touran 2.0 TDi, vorige model was die 1.9 TDi. Baie ekonomies, lekker sterk, draf opdraendes uit, op die lang pad met spoedbeheer aan is die rit van die beste. Altwee voertuie het nooit probleme gegee en is goed onderhou. ‘n Familie lid het ook ‘n VW Touran 2.0 TDi en sy turbo se as het afgedraai (breek). Volgens my opinie was dit agv swak bestuur, sy vrou het gewoonlik in die woongebied die enjin se toere opgejaag en spoed verminder deur die versneller te los. Onlangs het ons die nuwe VW Polo 999cc drie silinder petrol met twee turbo’s gaan toetsbestuur. Die voertuig verstik so bietjie teen lae toere en jy moet maar die lepel trap om aan die gang te bly, nie ‘n opsie vir ons. Ons skaal tans af vir aftrede, kinders uit die huis en is van voorneme om ‘n Polo Vivo Maxx te koop. Redelik waarde vir geld, 1.6 petrol enjin sonder turbo wat onderhoudskoste verlaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.